Florcom Gardens: Hierdie webtuiste is vir almal wat lief is vir plante en tuinmaak en bevat inligting oor alle aspekte van tuinmaak. Die webtuiste word weekliks onder die afdeling "regulars" opgedateer. Die gebruik van die webtuiste is gratis en ons moedig ook lesers aan om op ons gratis nuusbrief in te teken.

Florcom Horticultural Services Website: Hierdie webtuiste bied 'n omvattende diens aan die professionele kweker en verbouer van intensiewe gewasse. Kliek hier vir meer inligting.

Next page

Suurpruim

marna

Plant van die week

Ximenia caffra

Gewone naam:

Suurpruim

Groeibeskrywing:

Bygaande fotos is gedurende Desember op die Wolhuterstaptoer in die Krugerwildtuin geneem.

clip_image002

clip_image004

Klein bladwisselende boompie met opvallende rooi vrugte wat gedurende die somer ryp word. Vrugte is eetbaar, met ‘n baie hoë vitamie C inhoud en baie suur.

Bas is donker en skurf.

clip_image006

Blare is dig byeen aan kort sytakkies.

Tuinplasing:

Plant in volle son en is veral geskik om voëls na tuine te lok.

Gehardheid:

Rypgevoelig.

Voortplanting:

Plant slegs deur middel van saad voort.

Land van oorsprong:

clip_image008

Sleutelwoorde: Suurpruim, Ximenia caffra.

  • Remove dead summer flowers and place on the compost heap.
  • Broadcast 20 gram 2:3:4 granular fertilizers per square meter under your trees and on beds with shrubs and flowers. Irrigate immediately after this broadcasting.
  • Broadcast 15 gram LAN per square meter on your lawn if you are in a high rainfall area. Irrigate immediately after this broadcasting.
  • Many weed seedlings appear this time of the year. Remove them before they produce seed.
  • Lift and divide bearded irises if the flowers have finished blooming or increase the feeding for next year’s crop.
  • Sow radishes and lettuce.
  • Lightly prune and pinch your roses early in February to promote an autumn flush.
  • Begin light summer pruning to control vigorously growing shrubs. Do not prune shrubs that will produce either berries in autumn or flowers in spring. The buds for these are already forming.
  • You have to look out for red spider on roses if the summer is characterized by dry and hot conditions.
  • Look out for Downey mildew if the humidity is high.
  • To encourage your orchids to produce flowers begin feeding them in February with a fertilizer low in nitrogen and high in potassium.
  • Seeds of all the hardy annuals may be sown during February.
  • Divide arum lilies now if they are overcrowded.

Baie opvallende plant waarvan die stam ‘n dik bolvormige verdikking op die grondoppervlak maak. Die poniestert is inheems in Mexico.Kan as ‘n dekoratiewe plant in die tuin of in potte geplant word. Alhoewel dit ‘n stadige groeier is, sal dit mettertyd nodig wees in ‘n groter pot of in die grond oor te plant.

Poniestert 1

 

Die poniestert moet in ‘n warm beskutte posisie geplant word. Kan nie ryp hanteer nie, maar wel matige koue.

Op die volgende foto kan gesien word hoe groot die ‘bol’ na 20 jaar word. Die wortelstelsel bestaan uit klein en dun worteltjies wat nie geboue kan beskadig nie – ‘n groeiende ‘bol’ wat in kontak met mure kom sal ‘n muur egter met gemak kraak.

Plant in goed gedreineerde grond in die son of in semi skadu.

Poniestert 2

Vermeerder met saad. Vermeerdering vanaf stiggies is gewoonlik nie suksesvol nie. Blomme word op die punt van die stam gedra.

P1050743

P1050384

Syngonium is ‘n genus klimplante uit tropiese Amerika.

Die ‘goosefoot’ is ‘n rankerige plant wat binneshuis as ‘n mooi loof-potplant en in warmer gebiede buitenshuis as ‘n grondbedekker gebruik kan word. Skep ook ‘n tropiese atmosfeer indien toegelaat word om teen boomstamme op te rank.
Plant die ‘goosefoot’ in skadu of semi-skadu op ‘n beskutte plek. Indien dit binneshuis in ‘n pot groei, moet warm middagson nie direk op die blare skyn nie.

Die ‘goosefoot’ is ‘n vinnige groeier wat ‘n subtropiese atmosfeer aan ‘n tuin verleen.
Vermeerdering is maklik en word gedoen deur takkies met klein worteltjies vanaf ouer plante te verwyder.

‘n Ornamentele tuindammetjie

marna

‘n Goed beplande waterfokuspunt kan ‘n baie rustige atmosfeer aan ‘n tuin skep. Vir ‘n groter tuin is ‘n groterige visdam die ideale fokuspunt.

Ons kry twee tipes waterfokuspunte: 1. ‘n natuurlike omgewing word geskep waar die water met die tuin saamsmelt in die vorm van byvoorbeeld ‘n watervalletjie wat natuurlik lyk met so min as moontlik onnatuurlike hulpmiddels en 2. ‘n ornamentele fokuspunt wat ‘n panoramiese atmosfeer skep met beeltjies, bruggies, fonteintjies ens.

Laasgenoemde tipe waterfokus moet kunstig en goed beplan wees sodat die onnatuurlike hulpmiddels natuurlik lyk. Beeldtjies ens wat gebruik word moet nie uit hul plek lyk nie, maar eerder asof hulle met die omgewing saamsmelt. Indien hierdie tipe fokuspunt nie goed beplan word nie, is die resultaat gewoonlik baie teleurstellend. Ons het in Florcom se tuin by Nylstroom (Modimolle) twee groot visdamme. By die een het ons ‘n natuurlike omgewing probeer skep en by die een, wat ons hier wys, ‘n sprokiesatmosfeer.

KLIEK OP FOTOS VIR ‘N DUIDELIKER BEELD.

clip_image002

Ons sprokieswatertuin is naby die hoek van die tuin, omring deur lowerplante en eers van naby af sigbaar. Ten einde die watertuin by die res van die tuin te laat saamsmelt, is die watertuin in ‘n lowerbedding wat op ‘n vloeiende manier met ander beddings verbind is. Hierdie beddings word deur ‘n grasperk omgrens. Let op die lig aan die kant van die bedding wat die watertuin saans toeganklik maak en ‘n sagte lig op die omgewing gooi.

‘n Fonteintjie wat water ongeveer twee meter hoog die lug opskiet is een van die baie kenmerke van die dammetjie. ‘n Voetpaadjie wat deur die tuin kronkel loop oor ‘n sementbruggie en loopklippe wat in die dammetjie gemessel is.

clip_image004

Potplante word gebruik om kleur aan die dammetjie te verskaf. Die potte op die onderste foto is op ‘n smal strokie op die wal van die dammetjie gepak. Die stam van ‘n groot poniestert is regs agter sigbaar. Die impatients help ook om die paddafonteintjie minder geisoleerd te laat lyk.

clip_image006

Die meisie met eend skakel mooi in tussen die klippe. Die impatients aan die voet van ‘n luiperdboom laat die beeldtjie mooi met die omgewing saamsmelt.

clip_image008

‘n Spesiale sitplek is vir die visserman gebou en die lelies voltooi die prentjie. Clivias, boodbome en ‘n poniestert is op die agtergrond.

clip_image010

‘n Arend onder die Draceanas hou toedig oor die dam.

clip_image012

Op die onderste foto kan gesien word hoe poniesterte, Draceanas, kokospalms, visgraadpalms en bamboespalms gebruik is om ‘n tropiese atmosfeer te skep. Regs van die poniestert steek ‘n bankie uit vanwaar die dammetjie geniet kan word. Die blou in die middel op die voorgrond is die hoed van die kaboutervisserman wat uitsteek. Die wit stam van ‘n luiperdboom is links van die gemesselde waterfilter. Die boom regs van die filter is ‘n vaalbos (Terminalia sericea).

clip_image014

clip_image016

Impatients in ou driepootpotte versier ‘n oop spasie langs die dam.

Hierdie dammetjie verskaf ure se kykgenot aan Florcom se tuin. Waar ‘n ornamentele waterfokuspunt dikwels nie tot sy reg kom nie, kan die volgende help om so ‘n dammetjie suksesvol uit te lê:

  • Probeer om die fokuspunt ‘n eenheid met die res van die tuin te maak. Dit kan gedoen word deur die fokuspunt deel van ‘n bedding, wat vloeiend na ander beddings oorloop, te maak.
  • Beeldjies en ornamente moet goed met die omgewing inskakel. Gebruik klippe, stompe en potplante om dit reg te kry.
  • Potplante wat goed geplaas is, help baie om ‘n kleurryke atmosfeer te skep. Hierdie potte kan, wanneer die plante uit blom is, met ander plante vervang word.
  • Gebruik plante van verskillende hoogtes, blaarvorms en blaarkleure as agtergrond.
  • Omringende plante moet nie ‘n digte muur teen die dammetjie skep nie, maar jou toelaat om in die beddings verder as net die dammetjie te kyk.

Next page

Bladsye besigtig: 661998