Welkom by Florcom Gardens
.
What’s new
-
Clivia caulescens
Groei in immergroen en vogtige woude in Suid – Afrika. Kom voor op mos en ligeen bedekte boomstompe en rotse. Blomstele kan tot 1,5 meter lank word. Blare is gepunt, tussen 35 en 70 mm breed en 300 tot 600 mm lank. Blom gedurende die lente. (Foto:Florcomgardens, Nylstroom).
-
Bonsai: Oscoba spinosa
Henning bonsai: Kontak Koos Henning by 082 4534 294 vir meer inligting oor die kweek van bonsai en vir ‘n afspraak om ons bonsaikwekery in Nylstroom te besoek. Gewone naam Snuifkalbassie / Snuff-Box Tree (Kalbassies word van die vrugte gemaak. Die kalbassies, waarin snuif geberg word, word deur die plaaslike bevolking om die nek gedra). […]
-
Clivia Gardenii
Kom in Suid – Afrika in goed gedreineerde grond teen hellings in immergroen woude voor. Blare is 25 tot 60 mm breed en 350 tot 900 mm lank. Blaarpunte is gespits. Die foto van die uitsonderlike geel blom in die bygaande foto is gedurende November geneem.
-
Interessante clivias
Daar kom baie afwykings van die gewone oranje clivia voor. Die clivias in bygaande fotos blom jaar na jaar in Florcomgardens se tuin. Daar kom baie afwykings van die gewone Clivia miniata voor. Die clivias in bygaande fotos blom jaar na jaar in Florcomgardens se tuin. 1. Let op na die opgeblase blom. Die blomme […]
-
Visstert palm
Caryota sp. Algemene naam: Visstert palm (Fish tail palm) Groeibeskrywing: Die naam “Visstert palm” is na aanleiding van die vorm van die blare. Die blare is groot met ‘n kenmerkende “visstert” vorm. Blare vertoon liggroen wanneer die palm in die son groei en donker wanneer slegs gebroke sonlig voorkom. Visstert palms blom gewoonlik slegs een […]