Die Lavandula Coco Violet & White is oortrek met besonderse groot pers of wit blomme op kort, kompakte, struike. Dit groei tot ‘n hoogte van 50-80cm, groei in die vol son, hou van ‘n droë sonnige area en word met steggies voortgeplant.
Hierdie nuwe vrystelling gaan gedurende Augustus by Garden World se Spring Festival op ‘n spesiale aanbieding vir slegs R12.90 te koop wees.
This garden is on display at Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 or 083 997 6142, www.gardenworld.co.za
Garden Designed & Constructed by: Green by Nature
Colin Thompson – 082 801 1811
David Spagnolo – 082 786 5754
Herman van der Voort – 083 279 2425
www.greenbynature.co.za
The design takes inspiration from the oriental style and has a fusion of African elements.
Villa Draco encompasses the practicality of applying this design to the suburban garden. The philosophical understanding of nature in the oriental tradition is expressed in this landscape.
The oriental gazebo and meditation space allow one to relax and reflect.
This design makes use of circles and soft curves to break the square site and initiate movement and direction in the small space.
The mirrored water features are ideal in a small garden to create the illusion of more space.
Fotos in hierdie artikel is goedgunstelik verskaf deur Johan en Petro Henning van Ellisras. Vir saailinge van Encephalartos transvenosus en verskeie ander broodboomsoorte kan hulle gekontak word by 082 8736 051.
Die Modjadji is naas Encephalartos woodii die vinnigste groeier van al die Suid – Afrikaanse broodboomsoorte. Onder ideale toestand kan keëls binne elf jaar na ontkieming vorm en stamme kan tot 6 cm per jaar groei. Stamme word tot 14 m lank en sytakke en suiers vorm maklik.
Die Modjadji is bestand teen ligte ryp en kan in gedeeltelike skadu of in die son geplant word.
Tot 5 keëls word gelyktydig gevorm en die vroulike keëls bly vir tot ‘n jaar aan die plant sit voor dit disintegreer. Die vroulike keëls is swaar en weeg tot 40 kg. Loofblaartjies is geneig om op die bopunt van vroulike keels te vorm (sien bygaande foto).
Bestuiwing vind plaas vanaf Junie tot September. Op die onderste foto word gewys hoe ‘n vroulike keël bestuif word. In hierdie geval is die bopunt van die ryp keël oopgemaak en daarna deurweek met water waarin ryp stuifmeel opgelos is.
Plant in skadu of in gedeeltelike skadu. In koeler gebiede moet die selloum op ‘n beskutte plek geplant word. Ook gewild as houerplant op patios en binneshuis.
Groeibeskrywing
Struikagtige plant met groen dieplobbige blare wat tot een meter lank is.
Hoogte en wydte
2 x 3m
Blomvorming
Groot, wit, onopvallende aronskelkagtige blomme.
Gehardheid
Aard goed in warm en gematigde klimaatsones. In kouer gebiede moet die selloum op ‘n beskutte plek geplant word.
Voeding en besproeiing
Plant in vrugbare grond wat maklik dreineer en gee genoeg water. Plante wat in direkte sonlig groei en nie genoeg water kry nie, se blare word maklik bleek en lelik.
Plant in beddings of as ‘n fokusplant, in volle son of in gedeeltelike skadu. In koeler gebiede moet die Kraanvoëlblom op ‘n beskutte plek geplant word.
Groeibeskrywing
Immergroen, meerjarige plante met groen piesangboomagtige blare en treffende oranje blomme wat soos eksotiese voëls lyk.
Hoogte en wydte
1,5 x 1,5m
Blomvorming
Blom gedurende die winter, maar hoofsaaklik in die lente.
Gehardheid
Aard goed in warm en gematigde klimaatsones. In kouer gebiede moet die Kraanvoëlblom op ‘n beskutte plek geplant word. Blomme is bestand teen wind en gevolglik is die Kraanvoëlblom geskik vir kustuine.
Voeding en besproeiing:
Plant in vrugbare grond en gee genoeg water.
Voortplanting
Vermeerder met saad. Plante kan verdeel word, maar neem dan lank voor blomme geproduseer word.