Inligting verskaf deur Johan en Berrie Ras. Die plante op die fotos is ook vanuit hulle versameling (Vir meer inligting kan Johan en Berrie geskakel word by 082 545 8683).
Olea europaea subsp. africana is inheems in Suid A frika, Zimbabwe en Namibie. In die veld is die olien ‘n stadige groeier en bereik onder natuurlike omstandighede ‘n grootte van ongeveer 8m x 8m.
Die olien is van ons inheemse bome wat die mooiste bonsai maak, maar is ook seker die inheemse boom wat die maklikste is om as bonsai te kweek.
Boompies kan enige tyd van die jaar met sukses vanaf die veld na ‘n houer oorgeplant word. Probeer tydens oorplant om soveel as moontlik klein haarworteltjies te behou – diep wortels kan egter afgesny word. Aangesien ouer bome maklik uit die veld oorgeplant kan word, is dit nie nodig om stiggies of saad te gebruik nie, en kan baie tyd daardeur gespaar word. Die geduldige kweker kan egter ook saad of hardehout stiggies gebruik.
Terwyl die olien in die veld se blare dof vertoon, kry die blare van die bonsai-olien glans wat help om die boompie ‘n mooi voorkoms te gee.
Let op die rangskikking van die olien se blare. Blaartjies kom in groepies van twee voor, wat afwisselend na bo en onder wys. Hierdie is van besonder belang vir die bonsaikweker aangesien hierdie rangskikking van die blare (met die ogies in die oksels van die blare wat na verskillende rigtings wys) dit moontlik maak om met snoei nuwe takkies in enige horisontale rigting te forseer.
Peste wat soms op die olien voorkom is blaaspootjie, wolluis en dopluis. Hierdie plae kom algemeen op plante in die veld voor en kan deur die wind na jou bonsai oorgedra word.
Die olien moet nie te veel water kry nie en is bestand teen koue en ryp. Plant die olien in enige grondtipe en op ‘n posisie waar genoeg sonlig is. Die pH van die grond mag varieer van neutraal tot effens suur of alkalies.
Die boompie in onderstaande foto is deur Johan en Berrie Ras vanuit die veld in ‘n houer oorgeplant en daarna die tipiese bonsaivorm gegee deur gereelde snoei en terugbreek van jong groei.
Die volgende foto is ‘n pragvoorbeeld van ‘n olien wat in die grond geplant, maar verder volgens Bonsai tegnieke gesnoei is.
Slakke floreer in nat toestande en gedurende die reënseisoen rig hulle soms baie skade aan.
Slakke lê eiers in die bogrond wat net na die eerste goeie somerreën uitbroei.
Die eerste tekens van slakke is gewoonlik ‘n slymerige spoor op tuinpaadjies.
Hulle eet die blare met die gevolg dat die blare vir die res van die seisoen lelik vertoon.
Indien jy slegs ‘n paar clivias het, kan die slakke met die hand verwyder word. In groter tuine is dit egter nodig om lokaas (verkrygbaar by kwekerye) te strooi. Strooi hierdie lokaas tussen die plante en dooie slakke sal binne ‘n dag of twee by die lokaas gesien word. Een of twee toedienings na die eerste somerreën is gewoonlik voldoende.
Ons plant van die week is beskikbaar by Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng.
Tuinplasing
Plant as enkelstruike , skerms of heinings. Word ook as potplante gekweek. Groei in son of semi-skadu.
Hoogte en wydte
Tot 3x2m. Hoogte en vorm kan met snoei beheer word.
Blomvorming
Onopsigtelike trosse wat aan lang are gedra word. Ryp vruggies vertoon rooi of geel.
Gehardheid
Groei vinnig in sub-tropiese gebiede. Kan matige koue weerstaan, maar nie ryp nie.
Voeding/besproeiing/grondtipe
Plant in goed gedreineerde grond en gee gereeld water.
Groeibeskrywing
Immergroen vinnig groeiende struik met handvormige blinkgroen blare. Vorm kan maklik met snoei beheer word. Schefflera arboricola ‘Variegatum’ het bont blare en word op die bygaande foto gewys.
When to prune: Prune during the end of winter when you do not expect severe cold conditions. Do not prune when the soil is wet. Prune while eyes are dormant and before they start to develop.
Dead wood: Remove all the old dead wood.
Where to prune: Cut all the stems back to the lowest green, healthy wood which normally would be around 40cm from ground level. Prune above an eye and leave 3 to 4 eyes on the stem.
Allow light to enter the plant: Remove some of the stems growing to the inside of the bush in order to allow sunlight to enter the bush. Look for three or four main stems and remove the rest.
Compost: Spread compost over the beds (500gm to 1kg of good quality compost per square meter).
Lime sulphur:Spray the plants and soil with lime sulphur. Do not spray lime sulphur on plants with active growing eyes or foliage – it will burn the eyes and leaves. Lime sulphur will control fungi spores on the plants and in the ground. Remember that lime sulphur should be fresh – old stock is not effective.
Watering: Give a small amount of water immediately after pruning. Remove the water stress but be careful not to give too much water – too much water during this dormant growth phase will cause root rot. Irrigate at least weekly from now on and increase the amount of water with rising temperatures.