Archive for September, 2008

Next page

Botaniese naam

Brunfelsia pauciflora.

Familie: Solanaceae.

Gewone naam

Engels: “Yesterday, Today and Tomorrow”

Afrikaans: “Verbleikblom”.

Groeibeskrywing

Klein tot medium struik of klein boompie. In warmer gebiede is die Verbleikblom immergroen, maar verloor in meer gematigde gebiede sy blare net voor blomtyd. Groei vinnig. Die massas blomme is vroeg in die lente baie opvallend. Indien die blare afgeval het, ontwikkel nuwe blare tydens en net na blomvorming.

clip_image002

Tuinplasing

Groei in volle son of in gedeeltelike skadu.

Blomme

Blomme het ‘n besonder sterk en aangename reuk. Die volksname dui op die verkleuring van blomme in opeenvolgende dae van violet tot ligpers tot wit. Blomme is 50 tot 70 mm in deursnit.

Hoogte en wydte

2,5m x 2,5m

Gehardheid

Moet in kouer gebiede op ‘n beskutte plek geplant word.

Voortplanting

Plant voort deur middel van stiggies.

Land van oorsprong

Brasilië.

admin

Tongaland Broodboom

Botaniese naam

Encephalartos ferox

Gewone naam

Tongaland Broodboom.

Groeibeskrywing

Encephalartos ferox word gekenmerk deur donkergroen leeragtige blare met stekelrige pinnae. Blare is een tot twee meter lank.

clip_image002

Die stam groei gewoonlik nie hoog bo die grond nie en vertak selde.

Een tot 10 keëls kan per plant voorkom. Manlike keëls is 40 tot 50 cm lank met ‘n deursnit van 7 tot 10 cm. Vroulike keëls is 25 tot 50 cm lank met ‘n deursnit van 20 tot 40 cm. Elke vroulike keël dra ongeveer 500 helderrooi sade. Onderstaande foto is ‘n voorbeeld van ‘n plant met vroulike keëls.

clip_image004

In warm gebiede staan Encephalartos ferox bekend as een van die vinnigste groeiende broodbome – keëlvorming vind binne 12 jaar na ontkieming plaas.

Tuinplasing

Encephalartos ferox moet in goed gedreineerde grond in skadu geplant word. ‘n Tropiese effek word verkry waar plante gegroepeer word.

Gehardheid

Encephalartos ferox is nie rypbestand nie.

Verspreiding

Encephalartos ferox kom aan die noordelike kus van Kwazulu Natal en ook in Mosambiek voor.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad.

admin

Roses – Soft Pinching

A method to increase flower production and to ensure that you have flowers throughout the season

Soft pinching of the first growth following winter pruning will ensure that you have roses throughout the season and will increase the production of flowers.

How and when to do the pinch: The stem is pinched (break the stem out with the thumb and forefinger) at the point when the bud is about grain size. At this stage the length of the stem is about 10 to 20 cm. The pinch is done just above the middle of the stem (three to 5 mature leaves are left on the stem). The stem must be soft enough to break out with thumb and forefinger. A clean pinch, which leaves no stalk behind, is preferred.

Soft pinches and production: This method will increase yields (two buds may break instead of a single bud response) and the growth will be staggered. The expected flowering period of the pinched stem will be delayed by 2 to 3 weeks. Stem length may however decrease.

Staggering of production: By doing selective pinching the timing for flower periods has now been established for the rest of the year. One method is the pinching of about 20% of the shoots from each plant in one week and another 20% the next week, leaving the balance of 60% to go straight into bloom.

Botaniese naam

Schotia brachypetala.

Gewone naam

Huilboerboon (Weeping boer-bean).

Groeibeskrywing

Medium tot groot skaduboom met wyd spreiende takke. Rooi trosse blomme verskyn in die lente. Die Huilboerboon verloor sy blare vir ‘n kort rukkie aan die einde van die winter.

clip_image002

Blomme

Die rooi trosse blomme lok baie voëls en verskyn vroeg in die lente. Die naam ‘Huilboerboon’ is afgelei van die boonvormige sade en blomme wat ryk is aan nektar wat uit die blomme drup.

clip_image004

Tuinplasing

Plaas as ‘n eksemplaarboom in goed gedreineerde sand. Wortels kan skade aanrig en daarom moet die Huilboerboon nie naby plaveisels of mure geplant word nie. Taai nektar drup vanaf die blomme – moet dus nie voertuie onder die Huilboorboon se skadu parkeer nie.

Hoogte en wydte

12m x 8m

Gehardheid

Slegs gedeeltelik kouebestand.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad.

Land van oorsprong

admin

Plant van die week – Wildepeer

Botaniese naam

Dombeya rotundifolia (Sterculiaceae).

Gewone naam

Wildepeer of Drolpeer.

Groeibeskrywing

Klein tot medium bladwisselende boom. Groei vinnig. Die trosse wit blomme is vroeg in die lente baie opvallend. Blare ontwikkel eers na blomvorming. Bas is grof en donkerbruin. Die blomme is in die Bosveld gedurende die lente baie opsigtelik wanneer die res van die plante in die veld nog vaal vertoon.

clip_image002clip_image004

Tuinplasing

Geskik vir die kleiner tuin. Plaas as ‘n eksemplaarboom of tussen ander bome en struike. Aangesien die Wildepeer nie ‘n digte skaduwee het nie, sal plante wat hou van gefilterde lig goed onder die Wildepeer aard. Baie treffend wanneer langs die Koraalboom met sy trosse rooi blomme geplant word.

Blomme

Roomwit blomme in trosse oortrek die boom vroeg in die lente. Hierdie blomme maak van die Wildepeer gedurende Augustus/September ‘n opvallende boom in ‘n andersins oorwegend vaal landskap.

clip_image006

Hoogte en wydte

5m x 3m

Gehardheid

Slegs gedeeltelik kouebestand.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad.

Land van oorsprong

clip_image008

Next page

Bladsye besigtig: 668966