Archive for September, 2008

Previous page
admin

Tuinmaak-wenke: September

Rose:

Strooi 30 gram 11 – 1 – 8 (20) of 8 – 1 – 5 per vierkante meter. Benat die bedding goed na hierdie toediening.

Grasperk:

· Sny grasperk kort en verwyder die ou dooie grasmat.

· Deurlug die grond deur orals gate met spitvurke te druk.

· Maak die gras se oppervlak gelyk deur ‘n dun lagie grond of kompos op die grasoppervlak te strooi.

· Strooi 10 tot 20 gram 2:3:4 korrelkunsmis per vierkante meter – benat goed na hierdie toediening.

Blombeddings:

Strooi 10 tot 20 gram 2:3:4 korrelkunsmis per vierkante meter – benat goed na hierdie toediening.

Bolle:

Somerbolle: Plant somerbolle soos Dahlias, Begonias en Gladiolus.

Lentebolle: Hou aan om bolle wat gedurende die lente geblom het water en kunsmis te gee totdat hul blare doodgaan. Haal die bolle dan uit en stoor. Onthou dat tulpbolle nie goed stoor nie en liewers weer aangekoop moet word.

Blomme:

Plant nou somerblomme soos alyssum, marigolds en lobelias.

Struike en bome:

Dit is nou die ideale tyd om struike en bome in jou tuin te plant. Plant iets treffend soos die Gewone Koraalboom met sy rooi lenteblomme langs ‘n wildepeer met sy opvallende wit lenteblomme (albei hierdie bome is gedurende die lente sonder blare maar oortrek met blomme).

Peste en siektes:

· Strooi slaklokaas sodra slakke hul verskyning maak.

· Spuit al jou sierplante met ‘n insekdoder.

· Stel lokaas of valle vir molle – onthou dat hierdie middels gevaarlik vir ander diertjies en kinders kan wees.

Groente:

Verskeie groentesoorte kan nou geplant of gesaai word. Dink veral aan aartappels, beet, eiervrugte, geelwortels, komkommers, lemoenpampoentjies, pietersielie, skorsies, spinasie en tamaties.

Garden designers: W van Rensburg & A Valkenburg.

Landscaped and constructed by: Booysens Nursery Decoration Team.

Information supplied by: Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 or 083 997 6142, www.gardenworld.co.za

The Concept of incorporating eco-conscious principles is Tshwane Municipality’s philosophy. We embrace nature and aim to minimise the impact that buildings have on the environment by encouraging landscaping to improve the living spaces and developments in Tshwane. We encourage gardening and growing plants to assist with noise reduction, reduce pollution, improve soil stability and reduce erosion.

clip_image002

In this garden careful planning is the key to its success. The mixed planting in the garden is accented by a variety of contrasting materials and the eco-sculptures. Dividing the site into various areas is a wonderful way to take advantage of the small space, making it appear larger than it is, also more interesting and enjoyable.

clip_image004

Plant highlights:

Focal plants: Encephalartos lebomboensis.

Trees: Ptaeroxylon obliquum & Warburgia salutaris.

Shrubs & perennials: Freylinia tropica, Osteospermum, Carissa macrocarpa ‘Green Carpet’ and Gazania.

Botaniese naam

Erythrina lysistemon (Familie: Fabaceae).

Gewone naam

Gewone koraalboom

Groeibeskrywing

Medium tot groot vinniggroeiende bladwisselende sierboom met yl verpreide takke. Blare is saamgestel met 3 blaartjies. Die bloedrooi blomme is vroeg in die lente baie opvallend. Peule is neerhangend, lank, dun en gesegmenteer met giftige sade. Hout is sag.

Tuinplasing

Plaas as ‘n eksemplaarboom of tussen ander bome en struike. Aangesien die Koraalboom nie ‘n digte skaduwee het nie, sal grassoorte en plante wat hou van gefilterde lig goed onder die Koraalboom aard.

Blomme

Helderrooi blomme in kompakte trosse aan die takeindpunte oortrek die boom vroeg in die lente. Hierdie blomme verskyn voor die blare en maak van die Koraalboom gedurende Augustus/September ‘n opvallende en pragtige boom in ‘n andersins oorwegend vaal landskap. Die blomme is ryk aan nektar en lok baie voëls.

Koraalboom

Hoogte en wydte

10m x 6m

Gehardheid

Slegs gedeeltelik kouebestand.

Voortplanting

Plant voort deur middel van saad en hardehout stiggies. Selfs dik stompe kan maklik wortels ontwikkel.

Land van oorsprong

Previous page

Bladsye besigtig: 736308