Archive for April, 2009

Gewone naam

Sago Palm (Die Sago Palm is egter nie ‘n palm nie. Die revoluta is verwant aan die broodboom, maar is nie soos deur baie aanvaar ‘n boodboom nie – die Suid Afrikaanse broodbome is spesies van die genus Encephalartos).

Groeibeskrywing

Groeitempo is redelik vinnig in vergelyking met broodbome, maar stadig in vergelyking met palms en ander plantsoorte. Plante van 50 jaar en ouer se stamlengtes is dikwels meer as 4 meter. Suiers kom dikwels voor. Die vroulike keëls (sien foto) is rond en ongeveer 40 cm in deursnit. Onder gunstige omstandighede kan keëlvorming 12 tot 14 jaar na ontkieming plaasvind.

Sago PalmSago Palm

Tuinplasing

Cycas revoluta kan as eksemplaarplante in die tuin, in beddings of as houerplante aangeplant word. Plant in volle son of in gedeeltelike skaduwee. Die Sago Palm is ‘n gewilde potplant vir binneshuis en ook langs opritte en op patios. Word ook dikwels as ‘n bonsai gekweek.

Grondtipe en besproeiing

Plant in goed gedreineerde sanderige grond. Gee matige hoeveelhede water, maar wees versigtig om nie te veel water gedurende die winter toe te dien nie.

Gehardheid

Die Sago Palm is rypbestand en temperature van soveel as minus 5 grade Celcius sal nie skade veroorsaak nie.

Verspreiding

Die Sago Palm is inheems in Japan.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad of suiers.

waarskuwing Waarskuwing

Die Sago Palm is giftig. Geen deel van die plant mag ge-eet word nie en was hande goed nadat veral die saad hanteer is.

admin

A Sunburnt Savannah

Landscaped and constructed by: Just Gardening, the students of UNISA and Horticulturalworx
Garden Designer: Jenny Badenhorst

This garden is on display at Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 or 083 997 6142, www.gardenworld.co.za

This grassland landscape is a quiet sanctuary recreating a bushveld scene. The bio-aesthetic planning of this garden can be created in an eco-estate as it promotes the environment and ecological food chain.

A Sunburnt Savannah

The browns, yellows, ochre, oranges and reds of this sunburnt savannah emphasises the beauty of the natural bush. Under the cool shade of Acacia trees, a raised deck area overlooks golden grasslands.

Down an uneven gravel path reminiscent of animal trails is a Boma. A space to enjoy a campfire with family and friends against the backdrop of the bush night.

This practical, waterwise and low maintenance garden provides a retreat that feeds the soul.

Bright coral aloes and orange bulbines give testimony to the delicate balance of this nature order. A variety of soft wheaten grasses that ripple and whisper in a summer breeze are in sharp contrast with the lime green of the majestic Acacia xanthophloea (Fever Trees) and Acacia siebieriana (Paper bark thorn trees).

This rugged informal garden is imbued with the timeless appeal of bush extremes that cannot hide its lightness and elegance.

A Sunburnt Savannah

Plants: Garden World Nursery.

Focal plants; Aloe greathihii, Euphorbia – stick of fire.

Trees: Acacia xanthophloea.

Palms: Trachycarpus fortunei.

Shrubs and perennials: Kalanchoe, Carex’Frosted Curls, Bulbine frutescens, Plectranthus neochilus, Portulaca afra.

Botaniese naam

Aloe dichotoma.

Gewone naam

Gewone Kokerboom (Quiver Tree). Die San het die hol stamme van die kokerboom vir hulle kokers (houers met pyle) gebruik – vandaar die naam kokerboom.

clip_image002clip_image004clip_image006

Groeibeskrywing

Die kokerboom (Aloe dichotoma) is ‘n boomagtige plant uit die aalwynfamilie. Die aalwyne is vetplante waarvan net enkele tot bome kan uitgroei. Die kokerboom het ‘n treffende voorkoms – veroorsaak deur die dik stam wat ongeveer 1 tot 2 meter bo die grond vertak met vlesige aalwynagtige blare.

Die kokerboom groei in goed gedreineerde sanderige en klipperige grond van die ariede en semi-ariede gedeeltes van Suid Afrika. Hierdie gebiede word gekenmerk deur warm somers en koue winters.

Besproeiing en grondtipe

Die kokerboom moet min water kry en in goed gedreineerde sand of klipperige grond geplant word.

Tuinplasing

Plaas die kokerboom op ‘n sonnige plek. Die kokerboom is ‘n eksemplaarplant en moet nie dig teen ander plante geplant word nie.

Plante vrot gewoonlik indien die grond nie goed gedreineerd is nie, hulle met ander plante moet kompeteer, hulle nie heeldag sonlig kry nie en indien die blare te gereëld deur reën of besproeiing benat word.

Blomme

Kanariegeel aalwynagtige blomme verskyn in die lente. Die blomme se nektar lok voëls en insekte.

Hoogte en wydte

4m x 1,5m

Gehardheid

In die natuur groei die kokerboom in woestyne of semi-woestyne wat gekenmerk word deur koue winternagte en baie hoë somertemperature.

Voortplanting

Plant voort deur middel van saad.

Land van oorsprong

clip_image002[8]

Ariede en semi-ariede gedeeltes van Suid – Afrika.

Bladsye besigtig: 668957