Botaniese naam
Verbena (Familie: Verbenaceae)
Gewone naam
Verbena

Groeibeskrywing
Spreiende kruipende een of meerjariges. Sommige kultivars is kompak terwyl ander meer spreiend is.

Blomme
Verbenas dra massas hofies met klein bommetjies in skakerings van rooi, pienk, blou, pers en wit. Blommetjies is opvallend en blom dwarsdeur die somer.



Tuinplasing
Ideale beddingplante en grondbedekkers vir sonnige gedeeltes van die tuin. Verbenas is ook geskik om in potte en hangmandjies te kweek.
Hoogte
10 tot 30 cm.
Land van oorsprong
Amerikaanse tropiese en subtropiese gebiede.
Gehardheid
Redelik kouebestand. Moet in die volle son geplant word.
Voortplanting
Plant maklik voort deur middel van herverdeling.
Patiobonsai is treffend vanweë elke plant se uniekheid en kan as eksemplaarplante aan patios ‘n besondere atmosfeer en karakter verleen.

Anders as die konvensionele bonsai word patiobonsai in groter houers geplant en plante kan so hoog as een meter gekweek word. Kunstige kwekers het hier die unieke geleentheid om boompies volgens hulle natuurlike groeivorm te ontwikkel.
Johan en Berrie Ras het die tegnieke wat hier bespreek word gebruik om die kremetarte in die bygaande foto vanuit saad te kweek. Hierdie boompies is ongeveer een meter hoog en die ouderdomme wissel tussen 25 en 40 jaar. Johan en Berrie kan vir meer inligting geskakel word by 082 545 8683 of 014 7362682.
Johan en Berrie beveel voornemende kwekers van patiobonsai aan om die volgende wenke stapsgewys te volg:
- Plant jou toekomstige patiobonsai aanvanklik in die grond. In die grond sal die boompies vinnig groei en ‘n paar jaar kan maklik hierdeur gewen word.
- Hou die boompie vir ‘n paar jaar in die grond en gebruik hierdie tyd om die boompies te vorm deur onder andere gereëld te snoei.
- Na ongeveer vier jaar (afhangende van die groeitempo van die boompie) word takke vir ongeveer 6 maande lank toegelaat om uit te groei.
- Gedurende lente word ‘n sloot aan drie kante van die plant gegrou. Wortels word met hierdie aksie aan drie kante van die plant korter gesnoei. Grawe ook diep onderdeur die plant. Die drie kante wat oopgegrou is, sowel as die onderkant, word nou met plastiek omhul.
- Die boompie word vir nog ‘n jaar in die grond gelos. Die gesnoeide wortels sal nou nuwe groei vorm, terwyl die plant steeds onbeskadigde wortels het om water en voedingstowwe op te neem. Dit is belangrik om gedurende hierdie jaar die grond rondom die gesnoeide wortels klam te hou. Takke word gedurende hierdie jaar toegelaat om te groei.
- In die daaropvolgende lente (net voor die plant begin bot) word die plant gesnoei en die oorblywende sykant van die plant se wortels word afgesteek. Die boompie word nou uitgehaal en in ‘n houer oorgeplant.