Archive for July, 2009

Plante is beskikbaar by Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 of 083 997 6142, www.gardenworld.co.za.

Groeibeskrywing:

Rojo Congo

Vinnig groeiende en besonder mooi Philodendron met groot, dongergroen glansblare.

Tuinplasing:

Gebruik as potplante binneshuis of om ‘n tropiese effek by skaduryke patios te verleen.

Gehardheid:

Plant in die skadu op ‘n beskutte plek.

Voeding en besproeiing:

Hou groeimedium klam.

Voortplanting:

As gevolg van kwekersregte mag die plante nie deur kwekerye en tuiniers vermeerder word nie.

Rojo Congo

admin

Contemplation

This garden is on display at Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 or 083 997 6142, www.gardenworld.co.za

Contemplation’ was designed and built by Garden Gregg Tarr of Soul Space.

Imagine having a secret place, a garden that is just for you. A place where you can just be, a place to meditate, to contemplate…. a bit of a selfish space because it is just for you.

Contemplation

That’s the concept behind the garden “Contemplation” designed by Greg Tarr of Soul Space for the Spring Festival at Garden World.

Says Greg,” Picture yourself walking in the Drakensberg and you come across a pool, with moss covered rocks, ferns and trees. It’s a place to sit and think. It has not been created by you and it is completely out of your control. That is the feeling that I want to evoke with this green space.’

Designed gardens are not actually restful spaces, says Greg. “The moment you sit down, you immediately notice a weed that needs pulling out, or a plant that is not doing well or a change that you would like to make.”

His answer to that is not to design, but to let the space evolve naturally. The elements will consist of a tumbling waterfall into a pool, a floating deck (with only room for one person) over the pool and an abundance of tropical greenery, with just hints of subtle colour, as you would find in a sun dappled forest.

Greg makes the interesting point that sometimes we can place too much emphasis on design, maybe at the expense of intuition. That is why he has decided to experiment with the concept of producing a garden that does not look as if it has been planned at all.

Contemplation“The only thing in this garden that will look “designed’ will be the deck. Everything else will be absolutely natural, as though it has always been there. There will be nothing for the home owner to do because everything will grow, decay and grow again naturally.’

In other words it is the ultimate low maintenance garden that treads very lightly on the earth. For those of us who like the idea of nature working on us, rather than us working on nature, this garden is supremely in tune with nature, the theme of the Spring Festival.

Contemplation

Plant highlights:

  • Focal plants: 2: Dicksonia Antarctica. 1: Cyathea australis.
  • Shrubs & perennials: 6: Watsonia. 4: Plectranthus ‘Mona Lavender’. Carex ‘Honeybird’. 3: Chondropelatum nana.
  • Annuals & bulbs: Lobelia.
  • Ferns: 5: Rumohra adiantiformis.

Gewone naam

Dwergselloum

Dwergselloum

Groeibeskrywing

Die Philodendron selloum ‘Xanadu’ of dwergselloum is ‘n dwergweergawe van die gewone Philodendron selloum. Die dwergselloum is meer kompak as die gewone Philodendron selloum, met kleiner blare. Waar die gewone selloum etlike meters hoog kan groei, word die dwergselloum slegs ongeveer 50cm hoog.

Die gewone selloum, dwergselloum en die Monstera deliciosa word soms verwar. Die drie soorte kan egter maklik aan hulle blare van mekaar onderskei word – die gewone selloum en die dwergselloum se blare is getand, waarteenoor die Monstera deliciosa se blare geperforeerd is. Die blare van die dwergselloum is aansienlik kleiner as die blare van die gewone selloum.

Die verskil tussen die gewone selloum, dwergelloum en die Monstera deliciosa word in die bygaande foto uitgebeeld. Die blaar aan die linkerkant is van die gewone selloum, die middelste klein blaartjie is van die dwergselloum, terwyl die regterkantste geperforeerde blaar van die Monstera deliciosa afkomstig is.

Dwergselloum

Kliek hier vir meer inligting oor Philodendron selloum.

Kliek hier vir meer inligting oor Monstera deliciosa.

Tuinplasing

Die dwergselloum is gevoelig vir ryp en direkte sonlig en moet daarom op ‘n beskutte plek in die skadu geplant word. Ideale loofplante vir beddings waar kompakte plante verkies word wat nie bo ander plante moet uitgroei nie. Ook gewild as houerplant op patios en binneshuis.

Hoogte en wydte

Die dwergselloum word ongeveer 50 cm hoog. Uitlopers vorm maklik met die gevolg dat die plant sywaarts versprei.

Blomvorming

Wit, onopvallende aronskelkagtige blomme.

Gehardheid

Die dwergselloum moet op ‘n beskutte plek in gebroke of volle skadu geplant word.

Voeding en besproeiing

Plant in vrugbare grond wat maklik dreineer en gee genoeg water. Plante wat in direkte sonlig groei en nie genoeg water kry nie, se blare word maklik bleek en lelik.

Voortplanting

Vermeerder deur middel van verdeling.

Land van oorsprong

Tropiese Amerika

Waarskuwing

clip_image006Die dwergselloum is baie gevoelig vir wolluise. Die wolluise leef gewoonlik op die blare se onderkant en is dus nie maklik sigbaar nie. Die teenwoordigheid van wolluise sal veroorsaak dat die plant swak groei en die blare vergeel. Indien die wolluise nie betyds waargeneem en behandel word nie, kan hulle aansienlike skade veroorsaak. Blare se onderkante moet dus gereeld vir die teenwoordigheid van wolluise ondersoek word.

admin

Cycas thouarsii

Gewone naam

Varingpalm, Madagaskarsikadee.

Groeibeskrywing

Sagopalm

Die Cycas thouarsii groei stadig in vergelyking met palmspesies, maar aansienlik vinniger as al die ander Cycads. Sade ontkiem stadig, maar ontwikkel na ontkieming baie vinnig. Suiers kom dikwels voor. Plante kan etlike meters hoog word.

Manlike plant

Die manlike plante dra terminale keëls.

Vroulike plant

Sagopalm

By die vroulike plante bestaan die keëls uit ‘n los roset van makrosporofile wat elkeen ‘n aantal naakte sade dra.

Sagoplam

Sade is groot. Op die foto word saad van die Cycas thouarsii (agter) vergelyk met saad van die Revoluta (voor).

Tuinplasing

Sagopalm

Die Cycas thouarsii kan direk in die grond of in houers op patios geplant word.

Plant op ‘n beskutte plek in gedeeltelike skadu. Die Cycas thouarsii se vinnige groei en kompakte vorm maak dit ‘n ideale eksemplaarplant wat besonder mooi vertoon waar dit enkel of in groepies van drie of meer aangeplant is.

Gehardheid

Die Cycas thouarsii is gedeeltelik kouebestand en moet in skadu geplant word. Blare word beskadig deur te veel sonlig en indien die humiditeit te laag en die groeimedium te droog is.

Verspreiding

Madagaskar, Seychelle-eilande, Ooskus van Afrika, Tanzania, Kenia en in die Zambesi- delta in Mosambiek.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad en suiers. Saad ontkiem egter baie stadig.

Bladsye besigtig: 668980