Archive for September, 2009

Botaniese Naam

Osteospernum

Gewone naam

Madeliefie

Blomme en groeibeskrywing:

clip_image002

Hierdie is immergroen meerjarige grondbedekkers van ongeveer 15 cm hoog wat laat in die winter en gedurende die lente blom. Blomperiode is etlike maande.

Tuinplasing:

Plant in volle son. Vertoon mooi as grondbedekkers in beddings. Plant plantjies ongeveer 25 cm vanaf mekaar.

Gehardheid:

Plant in die volle son. Rypbestand en groei in feitlik enige tipe grond.

Voortplanting:

Groei maklik van saad en stiggies.

Land van oorsprong:

flag-of-south-africa1

Kontak Dr Koos Henning (Plant en grond konsultant) by florcom@icon.co.za vir tuinuitlegte, beddingontwerpe en plantkeuses.

admin

Tuinuitlegte met clivias

Al die fotos in hierdie artikel kom vanaf florcomgardens se tuin in Nylstroom (vir meer inligting en uitleg van tuine kan Dr Henning gekontak word by florcom@icon.co.za).

Clivias se blomtyd is in die lente net na die winter wanneer kleur in die tuin baie welkom is. Ongelukkig is die blomperiode slegs ongeveer 3 weke lank, maar dit word opgemaak deur die feit dat clivias tydens die res van die jaar die ideale grondbedekker vir skaduryke gedeeltes van die tuin is.

Aangesien clivias rypgevoelig is en maklik deur die son beskadig word,moet aanplanting op beskutte skaduryke plekke wees. Die beste groei vind in gebroke skadu plaas, maar clivias sal ook in ‘dooie’ skadukolle met geen direkte sonlig groei. Clivias benodig min onderhoud en groei in feitlik enige goed gedreineerde grond.

Beddings teen die huis: Clivias is groot genoeg om die eentonigheid van die mure te breek, maar klein genoeg om nie bo die vensterbanke uit te steek nie. Beddings aan die huis se suidekant word gewoonlik gekenmerk deur dooie skadu met die meeste plante wat nie hier sal aard nie – clivias kan die nodige kleur aan hierdie beddings verleen.

clip_image002

Clivias in houers: Besondere effek kan met clivias in houers verkry word. Ingange na lapas en interessante hoekies in die tuin kan fokuspunte word indien mooi clivias in houers hier aangebring word. Plante is meer beskut wanneer dit in houers aangeplant is, en daarom kan jy veral jou skaarser soorte liewers in potte plant. Hierdie potte kan tydens blomtyd op fokuspunte geplaas, en die res van die seisoen op ‘n veilige en beskutte plek gebêre word.

clip_image002[5]

clip_image004

Plant clivias in plate aan: Gedurende blomtyd is plate clivias altyd ‘n skouspel en tydens die res van die jaar dien dit as ‘n mooi grondbedekker. Let op die besondere uitsig vanuit die lapa in die foto op plate clivias wat langs die lapa groei.

clip_image002[7]

Interessante hoekies in die tuin: Op die bygaande foto vorm clivias saam met ander loofplante ‘n verskeidenheid van blaargroottes, kleure en vorme.

clip_image002[9]

Verbinding tussen verskillende areas in die tuin: Die onderstaande foto is ‘n goeie voorbeeld hoe clivias gebruik kan word om twee areas in die tuin te vebind. Die clivias is laag genoeg om sig na die volgende area toe te laat, maar bied tog ‘n duidelike skeiding tussen die twee areas.

clip_image002[11]

clip_image002[13]

Rangskikkings met cliviablomme: Clivias het nie ‘n uitsondelike lang vaasleeftyd nie, maar ‘n bos clivias in ‘n houer kan in die huis of in die tuin gebruik word om ‘n omgewing op te helder. Die bygaande foto van ‘n bos cliviablomme op ‘n stoeptafeltjie kan as ‘n goeie voorbeeld dien.

admin

Plant van die week – Luiperdboom

Botaniese naam

Caesalpinea ferrea

Gewone naam

Luiperdboom / Leopard tree (Brazilian Ironwood)

clip_image002

Groeibeskrywing

Die luiperdboom is ‘n vinnig groeiende boom. Die kolle op die stam se bas is ‘n tipiese kenmerk van die luiperdboom en ook die rede vir die verwysing na ‘n luiperd in die noemnaam. Bladwisselend maar nuwe blare verskyn kort na die oues afgeval het.

clip_image004

Blomme

Klein geel blommetjies wat in die somer verskyn.

Tuinplasing

Mooi koelteboom wat gefilterde lig deurlaat en daarom mooi op grasperke vertoon.

Plant die luiperdboom in die son. Vertoon baie mooi wanneer drie of meer bome saam gegroepeer word (ongeveer 10 meter van mekaar). Ons het al dikwels opgemerk dat hierdie bome in klein tuine te naby aan mekaar of te naby aan mure geplant word – onthou dat die luiperdboom ‘n vinnige groeier is en baie groot kan word. Wortels behoort gelukkig nie skade aan geboue aan te rig nie.

Hoogte en wydte:

15m x 8m

Land van oorsprong

Brazilië

Gehardheid

Nie baie koue gevoelig nie, maar sal nie in die koue Hoëveld aard nie.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad.

cliviasOes nou al die ryp vrugte wat nog aan die plante sit.

Kliek hier vir ons skyfiereeks as jy wil weet hoe clivias deur middel van saad vermeerder kan word.

Net na blomtyd is die plante soms uitgeput en word die blare soms lig van kleur – toediening van ‘ n bladvoeding wat al die spoorelemente bevat help gewoonlik om die blare binne ‘n paar dae weer gesond en groen te laat lyk. Dit sal ook help om ‘n klein hoeveelheid kunsmis wat stikstof en bietjie fosfaat en kalium bevat toe te dien – besproei dadelik na hierdie toediening en maak seker dat die kunsmiskorrels nie op die blare lê nie.

Onthou om na die eerste reën gif vir die beheer van lelieboorder toe te dien. Kliek hier vir meer inligting oor lelieboorders by clivias.

Bladsye besigtig: 668971