Gewone naam
Bloukappie

Groeibeskrywing
Die Bloukappie is ‘n besonder aantreklike, digte, vinnig groeiende immergroen struik wat tot 3 meter hoog word.

Blomme
Die Bloukappie word gekenmerk deur massas rooi-pers blomme wat dwarsdeur die jaar gedra word. Skoenlappers word deur die blomme gelok.
Tuinplasing
Die Bloukappie kan enkelstaande of in ‘n gemengde tuin geplant word. Ook geskik om as ‘n heiningplant of skerm te dien. Snoei gereëld indien as ‘n heiningplant gebruik word.
Hoogte en breedte
3m x 3m
Gehardheid
Die Bloukappie is bestand teen ligte ryp en moet in die son groei. Die Bloukappie is nie droogtebestand nie en gereelde water is noodsaaklik.
Land van oorsprong

Voortplanting
Plant maklik voort deur middel van saad.
Ander Polygala spesies
Polygala virgata (Purple broom) is ‘n aantreklike klein (2 x 1m) struikie. Hierdie struikie is kleiner en yler as die Bloukappie.
Gewone naam
Snuifkalbassie / Snuff-Box Tree
(Kalbassies word van die vrugte gemaak. Die kalbassies, waarin snuif geberg word, word deur die plaaslike bevolking om die nek gedra).

Fried Egg Tree
Fried Egg Tree (Wanneer die blomme van die plante afval lyk die blomme baie soos gebakte eiers).
Groeibeskrywing
In die natuur is die Snuifkalbassie ‘n stadig groeiende kleinerige struik van ongeveer 3m hoog wat dikwels meerstammig is en in die volle son groei. Die blare is haarloos, enkelvoudig, medium groot, dun en ovaalvormig. Blaarrande is fyn getand. Die Snuifkalbassie kan ook as ‘n heiningplant gebruik word.
Blomme en vrugte
Blom gedurende die lente en somer. Blomme is ongeveer 6cm in deursnit en spierwit. Skoenlappers word deur die blomme gelok.
Vrugte is rond, hard, donkerbruin en glad. Inhoud van die vrugte is eetbaar, maar word agv onaangename smaak selde geëet. Groot hoeveelhede klein saadjies word in die vrug aangetref.
Hoe om ‘n bonsai van die Snuifkalbassie te maak
Die boompie op die fotos is vanuit Johan en Berrie Ras se versameling (Hulle kan geskakel word by 082 545 8683 of 014 7362682).
Hierdie boompie is ongeveer 20 jaar gelede as ‘n klein struikie by ‘n kwekery gekoop. Die Snuifkalbassie kan ook vanuit saad geweek word.
Ten einde die stam te help om vinniger te verdik was die wortels vir 4 jare toegelaat om uit die houer in die grond in te groei. Die wortels wat onder die houer uitgegroei het, is daarna teruggesnoei. Die boompie is verder gevorm deur aanhoudende uitbreek en snoei van nuwe groei.
Land van oorsprong

Voortplanting
Plant voort deur middel van saad.