Archive for February, 2010

Pietersielie – gebruike en kweek van Pietersielie.

(Engels: Parsley)

Familie: Apiaceae

Genus en spesie: Petroselinum crispum

clip_image002Groeibeskrywing:

Pietersielie is ‘n tweejarige kruid. Blare is heldegroen en blommetjies is klein en geel-groen van kleur.

Gebruike:

Pietersielie is wêreldwyd die gewildste krui om ‘n vars smaak aan kos te verleen. Pietersielie word as garnering en vir geur gebruik in veral sop, vleis, vis, groente en slaai. Pietersielie moet dan ook vars en pas-gepluk wees wanneer gebruik.

‘n Vars takkie Pietersielie is blykbaar ook net die ding vir ‘n drank of knoffelasem!

Pietersielie word diksels as ‘n aantreklike grondbedekker aangeplant.

Inname van die blare, wortels, olie en saad van Pietersielie word gebruik om inflammasie teen te werk, galstene te voorkom, vir prostaatprobleme en vir verligting van artritis. Aangesien uitermate groot inname van Pietersielie se saad en olie nadelig kan wees (bv kan lei to aborsie en nier- sowel as lewerversaking) moet medisinale gebruik van die saad en olie slegs onder die toesig van ‘n kundige plaasvind.

Gehardheid:

Pietersielie aard goed in koeler gebiede en kan direk in die son of in gedeeltelike skadu gekweek word.

Grondtipe:

Pietersielie verkies vrugbare grond met genoeg voedingstowwe. Kan ook suskesvol in groot potte geplant word.

Voortplanting en aanplanting:

Saad vat lank om te ontkiem (ongeveer een maand) en ontkiem soms moeilik. Dit help om die saad vir ‘n paar uur in ‘n yskas te plaas en dan oornag in warm water te week. Saai saad gedurende die lente in rye ongeveer 30 cm van mekaar (of in potte).

Hoogte en wydte:

Afhangende van die variteit is die hoogte en wydte ongeveer 35 x 25 cm.

Oes:

Plante is ongeveer 3 maande na ontkieming gereed vir oes. Met oes moet nie meer as 1/3 van die plant verwyder word nie.

admin

Bemestingprogram vir grasperke

Let asb daarop dat hierdie ‘n algemene program is. Ten einde ‘n akkurate program te bereken moet die huidige voedingstatus van die grond bekend wees, asook die kwaliteit van die water wat vir besproeiing gebruik word. Ten einde hierdie inligting te bekom moet ‘n analise van die groeimedium en besproeiingswater gedoen word (sien ons advertensie-afdeling vir meer inligting oor laboratoriums wat hierdie analises kan doen).

1. Strooi 15 gram KAN per vierkante meter na die eerste goeie lentereëns.

2. Strooi 30 gram 5:1:5 per vierkante meter gedurende Desember.

3. Strooi 30 gram 2:3:4 per vierkante meter gedurende Maart.

Gedurend jare met ‘n hoë reenvalsyfer of in gebiede met hoë reenval kan ‘n tweede toediening van 15 gram KAN per m2 toegedien word. Hierdie toediening moet gedurende ‘n nat maand plaasvind en moet nie oorvleuel met die maande waartydens bogenoemde drie toedienings plaasvind nie.

Op goed gedreineerde sanderige grond kan bogenoemde hoeveelhede met 5 gram per vierkante meter vermeerder word; op swak gedreineerde kleierige grond moet bogenoemde hoeveelhede met 5 gram per vierkante meter verminder word. Wees versigtig om nie die voorgeskrewe hoeveelhede te oorskrei nie – te veel kunsmis sal verbranding van die gras veroorsaak.

Indien grondanalises daarop wys dat die grond se pH onder 6  is, moet kalk toegedien word. Die hoeveelheid en tipe kalk sal deur die analise bepaal word.

Besproeiing moet dadelik na toediening van die kunsmis plaasvind.

What to read in the name of your granular fertiliser?

clip_image001

An example of the many products available is 2:3:4(37)

clip_image002

The fertiliser in this example contains two parts Nitrogen, 3 parts phosphate and 4 parts potassium. The concentration is 37% (37% of the content is nutrients, 63% is inert).

Botaniese naam:

Dracaena hookeriana (Dracaenaceae).

Gewone naam:

Dragontree.

clip_image002Groeibeskrywing

Die Dragontree is ‘n aantreklike loofplant met meestal net een stam. Lang donkergroen blare is afwisselend gerangskik. Meer as een stam kan ontwikkel indien die hoofstam afgesny word.

Die onderste blare word geel met veroudering en moet dan verwyder word.

 

 

Blomme en vrugte

clip_image004Die trosse klein onopvallende blommetjies verskyn tussen November en Februarie. Die vrugte is aantreklik, lok voëls en is gewoonlik einde Februarie ryp.

Tuinplasing

Plaas as ‘n eksemplaarplant op ‘n beskutte plek in die skadu. Vertoon ook mooi as ‘n houerplant in die skadu.

Hoogte en wydte

2m x 1,5m

clip_image006

Land van oorsprong

 

 

Gehardheid

Die Dragontree is nie kouebestand nie en hou nie van direkte sonlig nie.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad en/of stiggies. Ryp saad ontkiem binne vier weke nadat dit ge-oes en op ‘n vogtige groeimedium geplaas is. Saailinge groei redelik vinnig.

(Fotos is in Florcom se demonstrasietuin in Nylstroom geneem).

Bladsye besigtig: 668981