Archive for March, 2010

Gewone naam: Variegated sweetgum

clip_image002Plante is beskikbaar by Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 of 083 997 6142, www.gardenworld.co.za.

Groeibeskrywing

Die Variegated sweetgum is ‘n medium tot stadiggroeiende bladwisselende boom met olyfgroen, stervormige blare waarvan die rande wit is.

 

 

Tuinplasing

Neem met tuinplasing in ag dat die Variegated sweetgum ‘n groot boom word en daar dus genoeg groeiruimte tussen geboue en ander bome gelaat moet word. Ideale skaduboom vir parkeerareas en op sypaadjies.

Grond, voeding en besproeiing

Kan in sand of kleierige grond aangeplant word en aard onder droë en natterige toestande. Verkies suur tot effens suur (pH 4,5 tot 6,5) grond en word chloroties indien die grond se pH hoog is.

Hoogte en breedte

10 tot 15 m x 6 tot 10m

Gehardheid

Die Variegated sweetgum is bestand teen ryp en moet in die son aangeplant word.

Land van oorsprong

VSA

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad.

gebruike en kweek van Suurlemoengras

 

Familie: Poaceae

Genus en spesie: Cymbopogon citratus

clip_image002Groeibeskrywing:

Suurlemoengras is ‘n meerjarige polvormige gras. Die blare het ‘n aangename suurlemoen reuk. Groei bosserig en kan in kleiner plantjies opgebreek word.

Gebruike:

Word as krui gebruik om ‘n suurlemoengeur aan kos te verleen. Vars blare gee ‘n aangename suurlemoenreuk aan ‘n vertrek. Word ook aangeplant om insekte weg te dryf.

Gehardheid:

Suurlemoengras is nie rypbestand nie en moet daarom in kouer gebiede in potte op beskutte plekke gekweek word.

Grondtipe:

Verkies goed gedreineerde grond wat klam gehou moet word. Ten einde die grond klam te hou, is dit raadsaam om die grondoppervlak met ‘n deklaag (bv boombas) te bedek.

Voortplanting:

Saad ontkiem maklik. Polle kan ook in kleiner plantjies verdeel word.

Hoogte en wydte:

Die hoogte en wydte is ongeveer 35 x 25 cm.

Oes:

Ten einde die plant nie te beskadig nie moet klein grassies in geheel van die plant verwyder word.

Bladsye besigtig: 668990