Archive for April, 2010

Gewone naam:

Worsboom of ‘Sausage tree’.

Tuinplasing:

Die worsboom kan as ‘n eksemplaarboom aangeplant word. Besonder geskik as koelteboom.

Groeibeskrywing:

Medium tot groot bladwisselende (semi-bladwisselend in warm gebiede) skaduryke boom, met ‘n digte spreiende kroon. Groei redelik vinnig onder ideale omstandighede (droë matige winters, nat en warm somermaande).

Blare is omgekeerd eiervormig, saamgestel met twee tot vyf pare en een eindstandige blaartjie.

clip_image002

Blom vanaf Julie tot Augustus. Die blomme is rooi en sit in lang trosse. Die nektar lok ‘n verskeidenheid insekte en voëls.clip_image002

Kenmerkend is die groot worsvormige vrugte wat tot 75cm lank en 15cm in deursnit word. Die vrugte hang deur die somer aan die boom en val Maart/April af.

 

‘n Wondbedekking vir swere en wonde is voorheen van die vrugte voorberei. Die vrugte is nie eetbaar nie.

clip_image004

Hoogte en wydte:

10 x 10m

Gehardheid:

Nie rypbestand nie. Ligte ryp sal punte van takke seermaak, maar nie permanente skade aanrig nie.

Voortplanting:

Saad ontkiem maklik as dit in die lente gesaai word.

Voeding en besproeiing:

Plant in diep, vrugbare grond wat maklik dreineer. Gee genoeg water.

Land van oorsprong:

admin

Gebruike en kweek van Mint

Familie: Lamiaceae

Genus en spesie:

Mentha piperita (Peppermint), Mentha spicata (Spearmint), Mentha suaveoloens (Appel mint).

Mint is afkomstig uit die Griekse mitologie en is vernoem na die karakter Minthe. Volgens die mitologie was Minthe of Menthe soos sy ook bekend gestaan het, ‘n riviernimf. Hades, die god van die onderwerêld, het verlief geraak op Minthe en wou haar as sy minares hê. Persephone, Hades se vrou, het egter daarvan uitgevind en het Minthe in ‘n plant verander, sodat elkeen wat oor haar loop haar sal vermorsel. Hade’s was magteloos om die spel te breek, maar kon egter vir Minthe ‘n geurige aroma gee sodat hy haar kon ruik en van haar bewus kon wees wanneer mense oor haar loop.

clip_image002Groeibeskrywing:

Mint is ‘n meerjarige grondbedekker wat baie vinnig groei. Indien dit nie versorg word nie, kan dit maklik te welig groei en beddings oorneem. Stingels sal orals waar dit aan die grond raak wortels vorm.

Gebruike:

Mint word in potte of as ‘n grondbedekker vir ‘n aangename reuk aangeplant.

Gehardheid:

Kouebestand. Plant in die volle son of gedeeltelike skadu.

Grondtipe:

Mint hou van klam grond wat effens suur is.

Voortplanting en aanplanting:

Gebruik aangekoopte saad, stiggies of sytakkies met wortels. Saad moet vroeg in die lente gesaai word.

Hoogte en wydte:

Hoogte is 30 x 40 cm. Mint is ‘n grondbedekker wat vinnig sywaarts groei en amper onbeperk kan uitbrei.

Oes:

Plante is ongeveer 2 maande na ontkieming gereed vir oes. Indien die plante nie gereëld ge-oes word nie, moet die stingels gesnoei word om lank en slordige groei te voorkom.

Peste en plae:

Mint kry dikwels roes (roes kan gesien word as klein oranje kolletjies aan die blare se onderkant). Witvlieg, rooispin, luise en wolluis kan ook voorkom.

clip_image002

Gewone naam:
Goue vlas.

Groeibeskrywing
Besonder aantreklike vlas. Die blare is groen met opvallende goudgeel strepe.

Tuinplasing
Gebruik in beddings om variasie aan kleur, blaarvorm en planthoogte te verleen.

Hoogte
1m

Gehardheid
Bestand teen ryp en moet in die son aangeplant word.

Voortplanting
Plant voort deur middel van verdeling.

Plante is beskikbaar by Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 of 083 997 6142, www.gardenworld.co.za.

Bladsye besigtig: 668963