Archive for July, 2010

marna

Codiaeum variegatum

clip_image002Plant van die week

Botaniese naam:

Codiaeum variegatum

Gewone naam:

Variegated croton”. Hierdie naam kan egter misleidend wees want die Codiaeum variegatum moet nie verwar word met plante van die Croton-genus nie.

Groeibeskrywing

Immergroen struik wat tot 3 meter hoog word. Blare is groot, glansend en leeragtig. Hierdie plante word veral om hul dekoratiewe loof aangeplant. Die stingels bevat ‘n melkerige sap. Daar is reeds baie kultivars met besonder mooi blaarkleure gekweek.

Plasing

Plant as ‘n sierplant op beskutte plekke in die tuin of in houers op die patio. Ook ‘n gewilde binneshuise potplant. Plant in vrugbare grond wat maklik dreineer.

Hoogte

Plante wat in die grond groei word to 3 meter hoog. Plante in potte word egter selde hoër as 1,5 meter.

Land van oorsprong

India, Sri Lanka, Indonesia, Malaysia en eilande van die Stille Oseaan.

Gehardheid

Die Variegated croton is ‘n tropiese plant en nie kouebestand nie. Wintertemperature moet nie lae as 100C daal nie. Plant in die son of gedeeltelike skadu.

clip_image003Waarskuwing

Die sap van die Variegated croton kan velirritasie veroorsaak.

marna

Tuinmaak-wenke – Julie

clip_image002[12]Verwydering van rypbeskadigde blare en takke:

Wag tot die ergste koue verby is voor jy hierdie blare uitsnoei. Op die oomblik beskerm hierdie blare die res van die plant teen die koue. Wegsny van hierdie blare sal verder onnodig uitloop van ogies veroorsaak wat die res van die winter onbeskut sal wees en maklik deur koue seergemaak sal word.

Snoei: Struike en plante in die algemeen

Baie tuiniers begin reeds Julie met snoei. Ons ondervinding is egter dat snoei nou uitloop van nuwe lote sal veroorsaak met onnodige blootstelling van hierdie nuwe groei aan die koue wat nog kom. Wag dus met snoei in gematigde gebiede tot einde Julie en in kouer gebiede tot begin Augustus.

Wenk: Snoei terwyl plante dormant is, maar wag tot die ergste winterkoue verby is. In die koue gebiede is dit eers Augustus en in die meer gematigde gebiede einde Julie.

Pruning: Roses

§ When to prune: Prune during the end of winter when you do not expect severe cold conditions. Do not prune when the soil is wet. Prune while eyes are dormant and before they start to develop.

§ Dead wood: Remove all the old dead wood.

§ Where to prune: Cut all the stems back to the lowest green, healthy wood. Prune above an eye and leave 3 to 4 eyes on the stem.

§ Allow light to enter the plant: Remove some of the stems growing to the inside of the bush in order to allow sunlight to enter the bush.

§ Compost: Spread compost over the beds (100 to 200 grams of good quality compost per square meter).

§ Lime: Broadcast dolomitic lime on the surface of the soil if the soil is too acid.

§ Lime sulphur: Spray the plants and soil with lime sulphur. Do not spray lime sulphur on plants with active growing eyes or foliage – it will burn the eyes and leaves. Lime sulphur will control fungi spores on the plants and in the ground. Remember that lime sulphur should be fresh – old stock is not effective.

§ Watering: Give a small amount of water immediately after pruning. Remove the water stress but be careful not to give too much water – too much water during this dormant growth phase will cause root rot. Irrigate at least weekly from now on and increase the amount of water with rising temperatures.

Algemeen:

· Herfsblare wat in visdammetjies val moet uitgehark word. Indien hierdie blare in die water afbreek sal dit skadelik vir die visse wees.

· Remove winter grass, a weed that actively grows when the rest of the lawn is weak.

· Keep picking sweet pea blooms to encourage new flowers.

Besproeiing:

  • Maak seker dat die tuin nie te veel water kry nie.
  • Benat in die Hoëveld plante ongeveer een keer elke tweede of derde week. Die uitsondering is groeiende bolplante wat meer gereëld water moet kry.
  • In meer gematigde gebiede kan die tuin een keer per week benat word.
  • Besproeiing moet soggens plaasvind sodat die plante saans droog is.

Bladsye besigtig: 668982