Besproei die plante slegs in die oggend en maak seker dat geen water in die middag op die blare gespuit word nie. Indien die blare gedurende die herfs se koel nagte nat is kan Donsige skimmel (Downey mildew) ontwikkel. Donsige skimmel kan plante nou ‘n groot terugslag gee met die gevolg dat die plante volgende seisoen ‘n groot agterstand het.

· Special mix for Downey mildew:
Proplant or (Previcure N): 20ml per 10-liter water.
Latron B: 1ml per 10-liter water.
This program is based on the assumption that the amount of spray mix applied is approximately 800 to 1200 liter per hectare.
Kliek op die skakel hieronder vir alles wat jy wil weet oor die simptome, oordrag en beheer van Donsige skimmel.
http://www.florcom.co.za/?page_id=1805
Gedurende die herfs is Swart vlek die mees algemene siekte wat in tuinrose voorkom. Vra gerus vir jou kwekery na die beste behandeling vir Swart vlek en spuit die plante gereeld.
Kliek op die skakel hieronder vir alles wat jy wil weet oor die simptome, oordrag en beheer van Swart vlek.
http://www.florcom.co.za/?page_id=1806
- Gedurende die herfs begin roosplante in tuine afgaan en is baie tuiniers geneig om al die lelike takke uit te sny. Wees baie versigtig om nie nou te veel terug te sny nie. Indien jy nou terugsny sal jy die plant stimuleer om in die winter nuwe lote te maak met die gevolg dat die plante dan moeiliker in hulle winterrus sal oorgaan. Ogies wat gedurende die winter uitloop sal heel waarskynlik blinde lote wees (‘n blinde loot is ‘n steel wat nie ‘n blom op sy einde ontwikkel nie). Te veel terugsny gedurende die winter sal ook veroorsaak dat te veel blare verwyder word – fotosintese vind in hierdie blare plaas en te min blare sal veroorsaak dat die plant nie genoeg energie opbou vir volgende seisoen nie.
· Gebruik die blare in jou tuin om ‘n deklaag rondom jou roosplante te skep. Hierdie deklaag sal help om die grond klam en warmer te hou.
- Moet nie gedurende hierdie tyd van die jaar die grond rondom die roosplante versteur nie. Beskadiging van die wortels sal nou baie nadelig vir die plante wees. Haal dus bossies met die hand uit en skoffel so min as moontlik met gereedskap wat die wortels kan bekadig.
- Wees versigtig om gedurende die herfs nie te veel water te gee nie. Een of twee benattings per week behoort voldoende te wees.
Wenk 1:
April is tyd vir die saai van veral die volgende groentesoorte:
Boerbone: Meng die bogrond voor aanplanting met groot hoeveelhede kompos + 75 gram 2:3:4 per vierkante meter. Spit die kompos en kunsmis in tot op ‘n diepte van 30 cm. Ert die beddings met ‘n graaf op tot ‘n hoogte van ongeveer 10 cm.
Boerbone het ‘n regop groeiwyse en word tot 1 meter hoog. Plant in dubbele rye. Die sade in die ry moet 20 cm van mekaar gespasiëer word. Die dubbelrye moet 30 cm van mekaar wees, met 75 cm tussen elke stel dubbelrye. Plantdiepte is 2 to 3 cm. Span ‘n draad langs elke kant van ‘n dubbelry ten einde die plante te stut. Die bone is drie tot vier maande na saaityd gereed om ge-oes te word. Onthou dat boerbone baie water benodig – gee veral genoeg water met blomtyd en wanneer die peule begin vorm. Plantluise is ‘n algemene probleem by boerbone en daar moet gereëld daarvoor gespuit word.
Tik hier as jy wil weet wat 2:3:4 beteken.
Tik hier as jy wil weet hoe om kompos te maak.
Ertjies: Meng die bogrond voor aanplanting met groot hoeveelhede kompos + 75 gram 2:3:4 per vierkante meter. Spit die kompos en kunsmis in tot op ‘n diepte van 30 cm. Ert die beddings met ‘n graaf op tot ‘n hoogte van ongeveer 10 cm.
Plant in rye met die saad 5cm uit mekaar en 2 tot 3 cm diep. Die afstand tussen die rye moet 75 cm wees. Ertjies het ‘n kort oestyd – ten einde die oes oor ‘n langer tyd te versprei moet al die beddings nie gelyktydig gesaai word nie. Jong plantjies verrot maklik en moet daarom nie te veel water kry nie. Erd plantjies versigtig op ten einde staan van water teen die stele te voorkom. Strooi 15 gram 2:3:4 per vierkante meter sodra die plante begin blom – gee goed water na hierdie kunsmistoediening. Wees versigtig om nie die plante tydens oes te breek nie en hou daarom met die een hand vas terwyl die ander hand oes. Hou dop en behandel vir Donsige en Poeiermeeldou.
Wenk 2:
Wat maak jy met al die blare wat gedurende herfs van die bome val?
Hierdie blare kan gebruik word om:
1. As deklaag op die beddings te lê. In hierdie geval moet die blare wat in beddings val nie verwyder word nie, maar gelos word om as deklaag te dien. Hierdie deklaag sal help om die grond klam en warm te hou.
2. Kompos mee te maak. Tik hier vir meer inligting oor die maak van kompos in die tuin.
Wenk 3:
April is die tyd om bolle te plant.
Ons eerste plant van die week in April is dan ook die Affodil.
Tik hier vir meer inligting oor Affodille.
Het jy al ‘n bruin kern by geelwortels waargeneem en gewonder wat die oorsaak daarvan is?

Hierdie is ‘n tipiese simptoom van ‘n tekort aan kalsium.
Ten einde die probleem te voorkom moet voor aanplanting 15 gram kalsiumnitraat per vierkante meter tot op ‘n diepte van 15 cm ingespit word.
Neusrot (Blossom end rot) by soetrissies en tamaties is nog ‘n simptoom van ‘n tekort aan kalsium.

Ten einde die probleem reg te stel kan die grond goed benat word met ‘n oplossing wat 2 gram kalsiumnitraat per liter water bevat.
Kalsiumtekorte kom veral voor wanneer dit koud is of wanneer bewolkte weer vir lang periodes voorkom.
Kliek op die skakel hieronder as jy wil weet hoe lyk tekorte van kalsium by blomme en wat die funksies van kalsium in plante is.
http://www.florcom.co.za/?page_id=1952