Archive for December, 2011

Baie opvallende plant waarvan die stam ‘n dik bolvormige verdikking op die grondoppervlak maak. Die poniestert is inheems in Mexico.Kan as ‘n dekoratiewe plant in die tuin of in potte geplant word. Alhoewel dit ‘n stadige groeier is, sal dit mettertyd nodig wees in ‘n groter pot of in die grond oor te plant.

Poniestert 1

 

Die poniestert moet in ‘n warm beskutte posisie geplant word. Kan nie ryp hanteer nie, maar wel matige koue.

Op die volgende foto kan gesien word hoe groot die ‘bol’ na 20 jaar word. Die wortelstelsel bestaan uit klein en dun worteltjies wat nie geboue kan beskadig nie – ‘n groeiende ‘bol’ wat in kontak met mure kom sal ‘n muur egter met gemak kraak.

Plant in goed gedreineerde grond in die son of in semi skadu.

Poniestert 2

Vermeerder met saad. Vermeerdering vanaf stiggies is gewoonlik nie suksesvol nie. Blomme word op die punt van die stam gedra.

P1050743

P1050384

Syngonium is ‘n genus klimplante uit tropiese Amerika.

Die ‘goosefoot’ is ‘n rankerige plant wat binneshuis as ‘n mooi loof-potplant en in warmer gebiede buitenshuis as ‘n grondbedekker gebruik kan word. Skep ook ‘n tropiese atmosfeer indien toegelaat word om teen boomstamme op te rank.
Plant die ‘goosefoot’ in skadu of semi-skadu op ‘n beskutte plek. Indien dit binneshuis in ‘n pot groei, moet warm middagson nie direk op die blare skyn nie.

Die ‘goosefoot’ is ‘n vinnige groeier wat ‘n subtropiese atmosfeer aan ‘n tuin verleen.
Vermeerdering is maklik en word gedoen deur takkies met klein worteltjies vanaf ouer plante te verwyder.

Bladsye besigtig: 679361