Adenium obesum var. multiflorum

Plant van die week

Adenium obesum var. multiflorum

Algemene naam:

Impala lelie of Sabiester.

 

clip_image004

Bygaande fotos is in Schwingwedzi in die Krugerwildtuin geneem.

Die Impala lelie is ‘n opvallende, bladwisselende, vetagtige struik met opvallende blomme wat gedurende die winter en lente in massas verskyn sodra die blare afval. Die blomme is stervormig met helder pienk rande en word in trosse aan die punte van die takke gedra.

Word gewoonlik ongeveer 1,5 meter hoog, maar kan in beskutte tuine tot hoogtes van 4 meter bereik. Droogtebestand maar groei baie stadig.

Tuinplasing:

Plant op beskutte sonnige plekke in goed gedreineerde grond. Kan as ‘n eksemplaarplant aangeplant word. Vertoon ook baie mooi in houers.

Gehardheid:

Baie gevoelig vir koue.

Voortplanting:

Gebruik saad vir voortplanting.

Land van oorsprong:

clip_image005