Huilboom
Plant van die week: Botaniese naam: Peltophorum africanum Gewone naam: Huilboom. (Staan ook soms bekend as die reënboom). Sap wat deur skuimbesies (Ptyelus grossus) uit die takke gesuig word, drup onder die bome en veroorsaak nattigheid op die grond – vandaar die volksnaam. Groeivorm: Klein to middelgroot, bladwisselende boom met spreiende kroon. Dikwels meerstammig […]