Bonsai: Olea europaea subsp. africana (Oleaceae)

Voorbeelde van Olienhoud bonsai is te besigtig by Florcomgardens se bonsaikwekery in Nylstroom (Modimolle). Kontak ons gerus by 0824534294.

Olea europaea subsp. africana is inheems in Suid A frika, Zimbabwe en Namibie.

In die veld is die olien ‘n stadige groeier en bereik onder natuurlike omstandighede ‘n grootte van ongeveer 8m x 8m.
Die olien is van ons inheemse bome wat die mooiste bonsai maak, maar is ook seker die inheemse boom wat die maklikste is om as bonsai te kweek.

Boompies kan enige tyd van die jaar met sukses vanaf die veld na ‘n houer oorgeplant word. Probeer tydens oorplant om soveel as moontlik klein haarworteltjies te behou – diep wortels kan egter afgesny word. Aangesien ouer bome maklik uit die veld oorgeplant kan word, is dit nie nodig om stiggies of saad te gebruik nie, en kan baie tyd daardeur gespaar word. Die geduldige kweker kan egter ook saad of hardehout stiggies gebruik.

Terwyl die olien in die veld se blare dof vertoon, kry die blare van die bonsai-olien glans wat help om die boompie ‘n mooi voorkoms te gee.

Let op die rangskikking van die olien se blare. Blaartjies kom in groepies van twee voor, wat afwisselend na bo en onder wys. Hierdie is van besonder belang vir die bonsaikweker aangesien hierdie rangskikking van die blare (met die ogies in die oksels van die blare wat na verskillende rigtings wys) dit moontlik maak om met snoei nuwe takkies in enige horisontale rigting te forseer.

Bonsai: Olea europaea africana 1

Peste wat soms op die olien voorkom is blaaspootjie, wolluis en dopluis. Hierdie plae kom algemeen op plante in die veld voor en kan deur die wind na jou bonsai oorgedra word.

Die olien moet nie te veel water kry nie en is bestand teen koue en ryp. Plant die olien in enige grondtipe en op ‘n posisie waar genoeg sonlig is. Die pH van die grond mag varieer van neutraal tot effens suur of alkalies.

Die boompie in onderstaande foto is deur Johan en Berrie Ras vanuit die veld in ‘n houer oorgeplant en daarna die tipiese bonsaivorm gegee deur gereelde snoei en terugbreek van jong groei.

Bonsai: Olea europaea africana 2

Die volgende foto is ‘n pragvoorbeeld van ‘n olien wat in die grond geplant, maar verder volgens Bonsai tegnieke gesnoei is.

Bonsai: Olea europaea africana 3

Posted in: