Bonsai: Oscoba spinosa

Henning bonsai: Kontak Koos Henning by 082 4534 294 vir meer inligting oor die kweek van bonsai en vir ‘n afspraak om ons bonsaikwekery in Nylstroom te besoek.

Gewone naam

Snuifkalbassie / Snuff-Box Tree

(Kalbassies word van die vrugte gemaak. Die kalbassies, waarin snuif geberg word, word deur die plaaslike bevolking om die nek gedra).

Fried Egg Tree

Fried Egg Tree

Fried Egg Tree (Wanneer die blomme van die plante afval lyk die blomme baie soos gebakte eiers).

Groeibeskrywing

In die natuur is die Snuifkalbassie ‘n stadig groeiende kleinerige struik van ongeveer 3m hoog wat dikwels meerstammig is en in die volle son groei. Die blare is haarloos, enkelvoudig, medium groot, dun en ovaalvormig. Blaarrande is fyn getand. Die Snuifkalbassie kan ook as ‘n heiningplant gebruik word.

 

Blomme en vrugte

clip_image004Blom gedurende die lente en somer. Blomme is ongeveer 6cm in deursnit en spierwit. Skoenlappers word deur die blomme gelok.

Vrugte is rond, hard, donkerbruin en glad. Inhoud van die vrugte is eetbaar, maar word agv onaangename smaak selde geëet. Groot hoeveelhede klein saadjies word in die vrug aangetref.

Hoe om ‘n bonsai van die Snuifkalbassie te maak

Die boompie op die fotos is vanuit Johan en Berrie Ras se versameling.

Hierdie boompie is ongeveer 20 jaar gelede as ‘n klein struikie by ‘n kwekery gekoop. Die Snuifkalbassie kan ook vanuit saad geweek word.

Ten einde die stam te help om vinniger te verdik was die wortels vir 4 jare toegelaat om uit die houer in die grond in te groei. Die wortels wat onder die houer uitgegroei het, is daarna teruggesnoei. Die boompie is verder gevorm deur aanhoudende uitbreek en snoei van nuwe groei.

Land van oorsprong

clip_image005

Voortplanting

Plant voort deur middel van saad.

Posted in: