Die naam villosus (Latin = harig) verwys na die jong blare wat deur wit haartjies bedek word.
Family: Zamiaceae

(Foto: Florcomgardens se tuin in Nylstroom)
Gewone naam: “Poor man’s cycad”. Encephalartos villosus is een van die goedkoopste broodboomspesies en die gewone naam verwys na die bekostigbaarheid van die plante.
Groeibeskrywing:
Hierdie is ‘n vinnig groeiende ornamentele broodboom wat om sy aantreklike blare geplant word. Encephalartos villosus word veral onderskei deur die feit dat die stam hoofsaaklik ondergronds groei.

Manlike keel van Encephalartos villosus.
Tuinplasing:
Encephalartos villosus moet in die skadu of gedeeltelike skadu geplant word. Die plante op bygaande fotos is in Florcomgardens se tuin waar dit saam met Clivias in beddings gegroepeer is.
Gehardheid:
Encephalartos villosus is nie rypbestand nie en moet op ‘n skaduryke plek in goed gedreineerde grond geplant word.
Vermeerdering:
Saad ontkiem maklik. Saailinge moet eers oorgeplant word wanneer die blare ongeveer een meter lank is.
Verspreiding:
Encephalartos villosus is die algemeenste broodboomspesie in Suidelike Afrika. Inheems in die Oos-Kaap, Transkei, Kwazulu Natal en in Swaziland. Groei in woude met ‘n somerreënval van 900 tot 1300mm.
Encephalartos arenarius
Fotos in hierdie artikel is goedgunstelik verskaf deur Johan en Petro Henning van Ellisras. Vir saailinge van verskeie broodboomsoorte kan hulle gekontak word by 082 8736 051
Die naam arenarius beteken: “groei in sanderige grond”
Volksname
Alexandria cycad, Kwa Qaba cycad.
Groeibeskrywing
Encephalartos arenarius is ‘n medium grootte broodboom met dikwels meer as een stam met die hoofstam wat soms plat op die grond lê. Suiers kom dikwels voor. Twee soorte kom voor; naamlik die meer algemene groen en die baie skaars blou soort. Vroulike keels is 500 – 600 x 250 – 300mm en liggroen van kleur. Manlike keels is 300 – 500 x 80 – 150mm. Plante dra slegs een keël per keer. Keëls is gedurende April of Mei ryp. Ryp saad is rooi van kleur. Blare is 1 tot 1,5 meter lank.
Voortplanting
Berg bestuifde vroulike sade vir een jaar. Saai sade (verkieslik in effens verhitte sand) gedurende die lente. Ontkieming behoort binne drie tot vier weke plaas te vind. Suiers kan ook gebruik word.
Tuinplasing
Encephalartos arenarius moet in sanderige grond geplant word. Plant in gedeeltelike skadu.
Gehardheid
Encephalartos arenarius is nie kouebestand nie.
Verspreiding
Encephalartos arenarius groei in sanderige duinegrond van die Ooskaap, in die Alexander gebied. Aangesien die meeste van hierdie duinwoude uitgewis is, is Encephalartos arenarius baie skaars en as ‘n bedreigde spesie verklaar. Die reënval is 725mm to 875mm per jaar en deur die jaar verspreid. Geen ryp kom voor nie en die somers is warm en droog.
Gewone naam
Varingpalm, Madagaskarsikadee.
Groeibeskrywing

Die Cycas thouarsii groei stadig in vergelyking met palmspesies, maar aansienlik vinniger as al die ander Cycads. Sade ontkiem stadig, maar ontwikkel na ontkieming baie vinnig. Suiers kom dikwels voor. Plante kan etlike meters hoog word.
Manlike plant
Die manlike plante dra terminale keëls.
Vroulike plant

By die vroulike plante bestaan die keëls uit ‘n los roset van makrosporofile wat elkeen ‘n aantal naakte sade dra.

Sade is groot. Op die foto word saad van die Cycas thouarsii (agter) vergelyk met saad van die Revoluta (voor).
Tuinplasing

Die Cycas thouarsii kan direk in die grond of in houers op patios geplant word.
Plant op ‘n beskutte plek in gedeeltelike skadu. Die Cycas thouarsii se vinnige groei en kompakte vorm maak dit ‘n ideale eksemplaarplant wat besonder mooi vertoon waar dit enkel of in groepies van drie of meer aangeplant is.
Gehardheid
Die Cycas thouarsii is gedeeltelik kouebestand en moet in skadu geplant word. Blare word beskadig deur te veel sonlig en indien die humiditeit te laag en die groeimedium te droog is.
Verspreiding
Madagaskar, Seychelle-eilande, Ooskus van Afrika, Tanzania, Kenia en in die Zambesi- delta in Mosambiek.
Voortplanting
Plant maklik voort deur middel van saad en suiers. Saad ontkiem egter baie stadig.
Fotos in hierdie artikel is goedgunstelik verskaf deur Johan en Petro Henning van Ellisras. Vir saailinge van Encephalartos lebomboensis en verskeie ander broodboomsoorte kan hulle gekontak word by 082 8736 051
Gewone naam
Lebombo broodboom
Groeibeskrywing
Encephalartos lebomboensis is ‘n medium tot groot broodboom met stamme van tot 4 meter lank. Groeitempo is redelik vinnig. Suiers kom dikwels voor.

Vroulike plant
Een tot drie keëls kom gewoonlik per plant voor.
Die vroulike keëls is eiervormig en tot 40 cm lank en ongeveer 25 cm in deursnit.
Manlike plant
Die manlike keëls (sien foto) is tot 45 cm lank en ongeveer 15 cm in deursnit.
Onder gunstige omstandighede kan keëlvorming 12 tot 14 jaar na ontkieming plaasvind.
Die blare word een tot twee meter lank, is redelik reguit maar kan by die punt effens gekrom wees. Nuwe onvolwasse blare is soms harig.
Encephalartos lebomboensis lyk baie soos Encephalartos natalensis, maar Encephalartos lebomboensis se blare is reguiter en die sade gladder.
Tuinplasing
Encephalartos lebomboensis moet in goed gedreineerde grond geplant word. Plant in gedeeltelike skadu, maar verkieslik in volle son. Encephalartos lebomboensis se vinnige groei en kompakte vorm maak dit ‘n ideale tuinplant.
Gehardheid
Encephalartos lebomboensis is slegs gedeeltelik rypbestand.
Verspreiding
Encephalartos lebomboensis groei op rotsagtige hange van die Lebomboberge. Hierdie gebied is in die somerreënvalgebied en kry 625mm to 750mm reën per jaar.
Voortplanting
Plant maklik voort deur middel van saad.
Foto’s in hierdie artikel is goedgunstelik verskaf deur Johan en Petro Henning van Ellisras. Vir saailinge van Encephalartos lanatus en verskeie ander broodboomsoorte kan hulle gekontak word by 082 8736 051
Botaniese naam
Encephalartos lanatus
Groeibeskrywing
Encephalartos lanatus groei stadig en ontwikkel tot ‘n medium grootte broodboom.
|
Plant met manlike keël.
|
Plant met vroulike keël.
|
|

|

|
Blare is 0,5 tot 1m lank met smal pinnae. Die blare is harig met ‘n silwer voorkoms. Die algemene naam “Woolly cycad” berwys na die wollerige (harige) voorkoms van die blare.
Tuinplasing
Encephalartos lanatus kan in die volle son of in gedeeltelike skadu geplant word. Plant in goed gedreineerde grond.
Encephalartos lanatus se groei is effens slordig en word selde as dekoratiewe plant aangeplant, maar merendeels deur versamelaars.
Gehardheid
Aard goed in koel gebiede. Bestand teen ryp.
Verspreiding
Encephalartos lanatus se natuurlike habitat is gebiede wat gekenmerk word deur koue winters en warm somers (soos die Waterberge). Groei in goed gedreineerde grond.
Voortplanting
Plant voort deur middel van saad. Volwasse plante plant moeilik oor.