Archive for the 'Gardening tips' Category

Previous page Next page

clip_image002[1]

Rose:

Strooi 30 gram 11 – 1 – 8 (20) of 8 – 1 – 5 per vierkante meter. Benat die bedding goed na hierdie toediening.

Grasperk:

· Sny grasperk kort en verwyder die ou dooie grasmat.

· Deurlug die grond deur orals gate met spitvurke te druk.

· Maak die gras se oppervlak gelyk deur ‘n dun lagie grond of kompos op die grasoppervlak te strooi.

· Strooi 10 tot 20 gram 2:3:4 korrelkunsmis per vierkante meter – benat goed na hierdie toediening.

Blombeddings:

Strooi 10 tot 20 gram 2:3:4 korrelkunsmis per vierkante meter – benat goed na hierdie toediening.

Bolle:

Somerbolle: Plant gedurende September somerbolle soos Dahlias, Begonias en Gladiolus.

Lentebolle: Hou aan om bolle wat vroeg in die lente geblom het water en kunsmis te gee totdat hul blare doodgaan. Haal die bolle dan uit en stoor. Onthou dat tulpbolle nie goed stoor nie en liewers weer aangekoop moet word.

Blomme:

Plant gedurende September somerblomme soos alyssum, marigolds en lobelias.

Struike en bome:

Dit is nou die ideale tyd om struike en bome in jou tuin te plant. Plant iets treffend soos die Gewone Koraalboom met sy rooi lenteblomme langs ‘n wildepeer met sy opvallende wit lenteblomme (albei hierdie bome is gedurende die lente sonder blare maar oortrek met blomme).

Peste en siektes:

Strooi slaklokaas sodra slakke hul verskyning maak.

· Spuit al jou sierplante met ‘n insekdoder.

· Stel lokaas of valle vir molle – onthou dat hierdie middels gevaarlik vir ander diertjies en kinders kan wees.

Groente:

Verskeie groentesoorte kan nou geplant of gesaai word. Dink veral aan aartappels, beet, eiervrugte, geelwortels, komkommers, lemoenpampoentjies, pietersielie, skorsies, spinasie en tamaties.

clip_image002[12]Verwydering van rypbeskadigde blare en takke:

Wag tot die ergste koue verby is voor jy hierdie blare uitsnoei. Op die oomblik beskerm hierdie blare die res van die plant teen die koue. Wegsny van hierdie blare sal verder onnodig uitloop van ogies veroorsaak wat die res van die winter onbeskut sal wees en maklik deur koue seergemaak sal word.

Snoei: Struike en plante in die algemeen

Baie tuiniers begin reeds Julie met snoei. Ons ondervinding is egter dat snoei nou uitloop van nuwe lote sal veroorsaak met onnodige blootstelling van hierdie nuwe groei aan die koue wat nog kom. Wag dus met snoei in gematigde gebiede tot einde Julie en in kouer gebiede tot begin Augustus.

Wenk: Snoei terwyl plante dormant is, maar wag tot die ergste winterkoue verby is. In die koue gebiede is dit eers Augustus en in die meer gematigde gebiede einde Julie.

Pruning: Roses

§ When to prune: Prune during the end of winter when you do not expect severe cold conditions. Do not prune when the soil is wet. Prune while eyes are dormant and before they start to develop.

§ Dead wood: Remove all the old dead wood.

§ Where to prune: Cut all the stems back to the lowest green, healthy wood. Prune above an eye and leave 3 to 4 eyes on the stem.

§ Allow light to enter the plant: Remove some of the stems growing to the inside of the bush in order to allow sunlight to enter the bush.

§ Compost: Spread compost over the beds (100 to 200 grams of good quality compost per square meter).

§ Lime: Broadcast dolomitic lime on the surface of the soil if the soil is too acid.

§ Lime sulphur: Spray the plants and soil with lime sulphur. Do not spray lime sulphur on plants with active growing eyes or foliage – it will burn the eyes and leaves. Lime sulphur will control fungi spores on the plants and in the ground. Remember that lime sulphur should be fresh – old stock is not effective.

§ Watering: Give a small amount of water immediately after pruning. Remove the water stress but be careful not to give too much water – too much water during this dormant growth phase will cause root rot. Irrigate at least weekly from now on and increase the amount of water with rising temperatures.

Algemeen:

· Herfsblare wat in visdammetjies val moet uitgehark word. Indien hierdie blare in die water afbreek sal dit skadelik vir die visse wees.

· Remove winter grass, a weed that actively grows when the rest of the lawn is weak.

· Keep picking sweet pea blooms to encourage new flowers.

Besproeiing:

  • Maak seker dat die tuin nie te veel water kry nie.
  • Benat in die Hoëveld plante ongeveer een keer elke tweede of derde week. Die uitsondering is groeiende bolplante wat meer gereëld water moet kry.
  • In meer gematigde gebiede kan die tuin een keer per week benat word.
  • Besproeiing moet soggens plaasvind sodat die plante saans droog is.

Rooispinmyt rig baie skade aan terwyl dit warm en droog is. Kyk gedurende Desember uit vir rooispinmyt en behandel met een van die baie middels wat by kwekerye beskikbaar is. Rooispinmyt is klein insekte (so groot soos stofkorrels) wat hoofsaaklik aan die onderkant van blare voorkom. Rooispinmyt suig die sap uit blare. Die gevolg is sieklike plante wat swak groei.

Nog wenke vir Desember:

Maak seker dat skadu-potplante nie in direkte sonlig staan nie.

Behandel clivias en lelies vir lelieboorder.

Sny grasperke gereëld. Verander gereëld rigting van sny sodat riwwe en ongelyke groei voorkom word.

Hou tuin nat en maak seker dat beddings nie uitdroog nie. Probeer om vroeg soggens water te gee.

Die volgende groentes kan gedurende Desember aangeplant word: Aartappels, beet, bone, blomkool, kool, broccoli, komkommers, kropslaai, pampoene, pietersielie, skorsies, soetmielies, spinasie.

  • Strooi ‘n kunsmis met baie stikstof oor jou grasperke. ‘n Voorbeeld is 10 tot 15 gram 3:2:1(28) per vierkante meter (3:2:1kunsmis bevat 3 dele stikstof, 2 dele fosfaat en 1 deel kalium). Benat die gras dadelik na hierdie toediening.
  • Verwyder al die bossies op die grasperk. Gebruik ‘n klein handvurkie. Selektiewe onkruiddoders mag eers gebruik word wanneer die gras aktief groei.
  • Dit is nou tyd om eenjarige blomplantjies vir die somer te plant (bv Impatiens).
  • Strooi ‘n kunsmis met baie kalium oor blom- en roosbeddings. ‘n Voorbeeld is 10 tot 15 gram 2:3:4(36) per vierkante meter (2:3:4kunsmis bevat 2 dele stikstof, 3 dele fosfaat en 4 dele kalium). Benat die bedding dadelik na hierdie toediening.
  • ‘n Groot verskeidenheid groente kan nou geplant word (Voorbeelde: aartappels, beet, eiervrugte, geelwortels, komkommers, kool, kropslaai, lemoenpampoentjies, pampoene, patats, skorsies, soetmielies, soetrissies, spinasie, tamaties en waatlemoen).

Rose:

Strooi 30 gram 11 – 1 – 8 (20) of 8 – 1 – 5 per vierkante meter. Benat die bedding goed na hierdie toediening.

Grasperk:

· Sny grasperk kort en verwyder die ou dooie grasmat.

· Deurlug die grond deur orals gate met spitvurke te druk.

· Maak die gras se oppervlak gelyk deur ‘n dun lagie grond of kompos op die grasoppervlak te strooi.

· Strooi 10 tot 20 gram 2:3:4 korrelkunsmis per vierkante meter – benat goed na hierdie toediening.

Blombeddings:

Strooi 10 tot 20 gram 2:3:4 korrelkunsmis per vierkante meter – benat goed na hierdie toediening.

Bolle:

Somerbolle: Plant somerbolle soos Dahlias, Begonias en Gladiolus.

Lentebolle: Hou aan om bolle wat gedurende die lente geblom het water en kunsmis te gee totdat hul blare doodgaan. Haal die bolle dan uit en stoor. Onthou dat tulpbolle nie goed stoor nie en liewers weer aangekoop moet word.

Blomme:

Plant nou somerblomme soos alyssum, marigolds en lobelias.

Struike en bome:

Dit is nou die ideale tyd om struike en bome in jou tuin te plant. Plant iets treffend soos die Gewone Koraalboom met sy rooi lenteblomme langs ‘n wildepeer met sy opvallende wit lenteblomme (albei hierdie bome is gedurende die lente sonder blare maar oortrek met blomme).

Peste en siektes:

· Strooi slaklokaas sodra slakke hul verskyning maak.

· Spuit al jou sierplante met ‘n insekdoder.

· Stel lokaas of valle vir molle – onthou dat hierdie middels gevaarlik vir ander diertjies en kinders kan wees.

Groente:

Verskeie groentesoorte kan nou geplant of gesaai word. Dink veral aan aartappels, beet, eiervrugte, geelwortels, komkommers, lemoenpampoentjies, pietersielie, skorsies, spinasie en tamaties.

Previous page Next page

Bladsye besigtig: 736321