Plant of the week

  • clip_image002_thumb.jpg

    Visstert palm

    Caryota sp. Algemene naam: Visstert palm (Fish tail palm) Groeibeskrywing: Die naam “Visstert palm” is na aanleiding van die vorm van die blare. Die blare is groot met ‘n kenmerkende “visstert” vorm. Blare vertoon liggroen wanneer die palm in die son groei en donker wanneer slegs gebroke sonlig voorkom. Visstert palms blom gewoonlik slegs een […]

  • clip_image004_thumb.jpg

    Adenium obesum var. multiflorum

    Plant van die week Adenium obesum var. multiflorum Algemene naam: Impala lelie of Sabiester.   Bygaande fotos is in Schwingwedzi in die Krugerwildtuin geneem. Die Impala lelie is ‘n opvallende, bladwisselende, vetagtige struik met opvallende blomme wat gedurende die winter en lente in massas verskyn sodra die blare afval. Die blomme is stervormig met helder […]

  • Chamaerops

    Chamaerops humilis Gewone naam: “Mediterranean dwarf Palm”. Groeibeskrywing: Miniatuur, stadiggroeiende meerstammige waaierpalm. Bereik hoogtes van ongeveer 2,5 meter. Tuinplasing: Besonder mooi palm wat as fokusplante aangeplant kan word. Geskik vir groot en kleiner tuine en vertoon ook mooi in groot houers. Definitief ‘n aanwins vir enige tuin. Hoogte en wydte: 2,5m x 2,5m Gehardheid: Geharde […]

  • Gerbera jamesonii

    Plant van die week Gerbera jamesonii Algemene naam: Barbertonse madeliefie Groeibeskrywing: Kruidagtige meerjarige plant met pragtige blomme wat op lang stele (30 cm en langer) gedra word. Telers het verskeie hibriede met opvallende kleure uit die Gerbera jamesonii gekweek. Gerberas is tans wereldwyd ‘n baie gewilde snyblom. Die Barbertonse madeliefie is ook die embleem van […]

  • Suurpruim

    Plant van die week: Ximenia caffra Gewone naam: Suurpruim Groeibeskrywing: Bygaande fotos is gedurende Desember op die Wolhuterstaptoer in die Krugerwildtuin geneem.   Klein bladwisselende boompie met opvallende rooi vrugte wat gedurende die somer ryp word. Vrugte is eetbaar, met ‘n baie hoë vitamie C inhoud en baie suur. Bas is donker en skurf. Blare […]

  • Plant of the week – Goosefoot (Syngonium podophyllum)

    Syngonium is ‘n genus klimplante uit tropiese Amerika. Die ‘goosefoot’ is ‘n rankerige plant wat binneshuis as ‘n mooi loof-potplant en in warmer gebiede buitenshuis as ‘n grondbedekker gebruik kan word. Skep ook ‘n tropiese atmosfeer indien toegelaat word om teen boomstamme op te rank. Plant die ‘goosefoot’ in skadu of semi-skadu op ‘n beskutte […]

  • Plant van die week – Sonwyser (Agave attenuate)

    Botaniese naam Agave attenuate (die genus is afgelei van ‘n Griekse woord wat ‘bewonderingswaardig’ beteken). Gewone naam Sonwyser (indien die plant in ‘n bedding groei sal die steel sodanig draai dat die blare na die lig wys). Groeibeskrywing Sukkulente, vinniggroeiende immergroen plant met groot opvallende blare wat op die einde van die steel groei. Anders […]

  • Rhipsalis cereuscula

    Plant van die week (Fotografie: Fotos is in Florcomgardens se tuin in Nylstroom geneem) Rhipsalis cereuscula Rhipsalis cereuscula is van die plantfamilie Cactaceae. Algemene naam: In hul land van oorsprong staan Rhipsalis cereuscula bekend as die “Rice cactus”. Groeiwyse: Die Rhipsalis se mees uitstaande kenmerk is die kort vlesige stingels en die feit dat dit […]

  • Plant van die week – Bosvlier (Nuxia floribunda)

    Botaniese naam Nuxia floribunda Gewone naam Bosvlier (Forest elder) Groeibeskrywing Die bosvlier is ‘n kleinerige boom wat besonder mooi vertoon en in warmer gebiede ‘n moet vir elke tuin is. Vorm ‘n digte kroon indien gereëld gesnoei word. Blomme Blom in die herfs en lente. Blommetjies is klein, roomwit en word in groot trosse aan […]

  • Pyrostegia venusta – Flame Vine

    Pyrostegia venusta   Familie: Bignoniaceae  Gewone naam: Flame Vine Groeibeskrywing: Immergroen, vinnig groeiende rankplan. Kan tot 20 meter hoog rank. Blomme is opvallend oranje en word gedurende die winter gedra. Plasing: Plant in volle son as rankplant teen heinings, pale of rame. Land van oorsprong: Brazilie. Gehardheid: Blomme word beskadig indien temperature benede vriespunt daal. […]