Archive for the 'Plant of the week' Category

For quality plants visit: Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 or 083 997 6142, www.gardenworld.co.za

Previous page Next page

Rhipsalis cereuscula

marna

clip_image002

Plant van die week

(Fotografie: Fotos is in Florcomgardens se tuin in Nylstroom geneem)

Rhipsalis cereuscula

Rhipsalis cereuscula is van die plantfamilie Cactaceae.

Algemene naam: In hul land van oorsprong staan Rhipsalis cereuscula bekend as die “Rice cactus”.
Groeiwyse: Die Rhipsalis se mees uitstaande kenmerk is die kort vlesige stingels en die feit dat dit ‘n epifiet (lugplant) is.

clip_image004Epifiete is plante wat op ander plante groei sonder om parasities te wees. Pleks van hul voedingstowwe uit die grond te haal, het hulle wortels wat afhang en lug en vog uit die atmosfeer of verrottende plantreste onttrek.

Baie epifiete het meganismes om water op te berg. Rhipsalis cereuscula berg water in hul vlesige stingels.

clip_image006

Voortplanting: Vermeerder die Rhipsalis cereuscula deur takkies van ‘n moederplant te breek en teen ‘n boom of ander voorwerp te hang. Maak die takkies aanvanklik met toutjies vas, wortels sal spoedig ontwikkel wat die plantjie teen die tak of boom sal heg. Op bygaande foto is vier of vyf takkies met toutjies aan ‘n stomp vasgemaak. Die plant sal die hele stomp binne ‘n jaar of twee toegroei.

Besproeiing en bemesting: Gooi die plantjie gedurende warm periodes gereëld nat. Wees versigtig om nie te veel water gedurende die winter te gee nie. Die plant in die heel boonste foto is reeds ‘n paar jaar oud en het nog nooit enige kunsmis gekry nie.

Land van oorsprong: Argentina, Bolivia, Brazil, Paraguay, Uruguay

Gehardheid: Die Rhipsalis cereuscula verkies skadu of gedeeltelike son. Matig kouebestand.

Botaniese naam

Nuxia floribunda

Gewone naam

Bosvlier (Forest elder)

1 3

2

Groeibeskrywing

Die bosvlier is ‘n kleinerige boom wat besonder mooi vertoon en in warmer gebiede ‘n moet vir elke tuin is. Vorm ‘n digte kroon indien gereëld gesnoei word.

Blomme

Blom in die herfs en lente. Blommetjies is klein, roomwit en word in groot trosse aan takeindpunte gedra. Vorm massas blomme indien in volle son groei.

clip_image002

Tuinplasing

In die veld groei die bosvlier in of op die rand van woude. Plant die bosvlier dus in die volle son of in gedeeltelike skadu. Plant in diep goed gedreineerde grond wat met kompos verryk is. Kan ook as ‘n skerm dien.

Hoogte en wydte:

8m x 4m

Land van oorsprong

flag_of_south_africa

Gehardheid

Rypgevoelig en moet daarom op beskutte plekke geplant word.

Voortplanting

Plant voort deur middel van saad of stiggies.

Pyrostegia venusta – Flame Vine

marna

Pyrostegia venusta

 

Familie: Bignoniaceae 

clip_image002Gewone naam: Flame Vine

Groeibeskrywing:

Immergroen, vinnig groeiende rankplan. Kan tot 20 meter hoog rank. Blomme is opvallend oranje en word gedurende die winter gedra.

Plasing:

Plant in volle son as rankplant teen heinings, pale of rame.

Land van oorsprong: Brazilie.

Gehardheid: Blomme word beskadig indien temperature benede vriespunt daal.

Besproeiing en grond: Benodig min water. Plant in goed gedreineerde grond.

Voortplanting: Plant voort deur middel van stiggies. Takke wat op die grond lê ontwikkel wortels en kan ook met sukses oorgeplant word.

Tags: Pyrostegia venusta, Flame Vine

Plant van die week

(Die fotos in die artikel is gedurende Januarie 2011 geneem)

Die grootste deel van die noordelike Krugerwildtuin word gekenmerk deur lae reënval, ‘n warm klimaat en onvrugbare grond. Die gevolg is dat wild hier minder as in die suidelike gedeeltes voorkom. As gevolg van die swakker wildbesigtiging en amper ondraaglike hitte in die somer verkies baie dan om liewer die suidelike gedeeltes te besoek. Vir ander hou die rustigheid van die noordelike gedeelte egter ‘n groot bekoring in. Indien jy nie van Skukuza se gewoel hou nie, kan jy gerus ‘n besoek aan kampe noord van Olifantskamp oorweeg.

Die noordelike gedeelte van die Krugerwildtuin word gekenmerk deur mopanies (Colophospermum mopane). Die onderste foto verteenwoordig die vlaktes noord van Olifantskamp. As gevolg van die onvrugbare grond, lae reënval en temperature wat gedurende die somer dikwels oor die veertig grade styg, is mopanies in hierdie vlaktes oorwegend struike met slegs enkele groter bome. Waar riviere, soos die Shingwedzi en Levuvhu, die vlaktes kruis kom vrugbaarder alluviale grond (grond wat deur die riviere afgeset is) voor en daarom word die mopanies op die rivieroewers besonder groot. Die reënval in die omgewing van Punda Maria is baie hoër in vergeleke met die res van die noordelike gedeeltes van die wildtuin en daarom word besonder groot mopanies ook hier aangetref.

clip_image002[7]Bygaande foto is geneem na goeie reëns wat gedurende Januarie 2011 in die Letaba-omgewing geval het. Die plantegroei op die foto is veteenwoordigend van die onvrugbare en droë mopanievlaktes waar mopaniestruike hier en daar deur groter bome afgewissel word.

Verskeie seldsame diersoorte kom in die mopanievelde voor. Hier dink ons veral aan bokke soos die swartwitpens, tsessebe en bastergemsbok. Nyalas word dikwels in die woude langs die riviere aangetref.

clip_image004[7]Mopanies word straf deur olifante benut, maar swak deur ander wild. Die wildtuin se grootste olifantteeltroppe kom in hierdie gedeelte van die wildtuin voor.

 

clip_image008[7]

Die mopanie se blare is saamgestel met twee vlinderagtige blare aan ‘n gemeenskaplike steel. Die mopanieblaar is die vernaamste voedsel vir mopaniewurms. Duisende van dié wurms maak jaarliks hul verskyning in mopanieveld. Die mopaniewurm is ‘n gesogte tradisionele lekkerny. Dit word as ‘n droë happie of as gekookte bestanddeel in tradisionele disse gebruik.

clip_image006[7]

 

 

 

 

 

clip_image010[7]Mopanies het ‘n aantreklike duursame hout. Ouer bome se stamme is donker en gegroef. Die hout is termietbestand en kan vir meubels gebruik word.

Die mopanie groei stadig en is nie kouebestand nie.

 

 

 

 

Die Lebomboberge strek oor die lengte van die Mopanievlaktes en luiperds word dikwels langs die grondpaaie aan die voet van die berge waargeneem. Ons was gelukkig om hierdie luiperd langs die grondpad tussen Letaba en Olifantskamp te sien.clip_image012[7]

 

 

 

Raphiolepsis

marna

Gewone naam: Indiese meidoring

clip_image002[4]Groeibeskrywing:

Klein en netjiese immergroen struikie wat maklik met snoei gevorm kan word. Blare is leeragtig, blink en donkergroen.

Tuinplasing:

Plant as ‘n sierplant in beddings. Vertoon ook baie mooi as ‘n houerplant. Ook geskik om as ‘n heiningplant aan te plant. Definitief ‘n aanwins vir enige tuin.

Hoogte en wydte:

2m x 1m

Gehardheid:

Geharde plant wat in direkte sonlig of in semi-skadu sal groei. Windbestand.

Voortplanting:

Plant voort deur middel van stiggies of saad.

Blomme:

Pienk of wit blomme kom in bloeiwyses voor. Vruggies is pers of swart.

clip_image004

Grond;

Plant in goed gedreineerde, komposryke grond.

Land van oorsprong:

Asië.

Previous page Next page

Bladsye besigtig: 736322