Plant of the week

  • Plant van die week – Kokerboom (Aloe dichotoma)

    Botaniese naam Aloe dichotoma. Gewone naam Gewone Kokerboom (Quiver Tree). Die San het die hol stamme van die kokerboom vir hulle kokers (houers met pyle) gebruik – vandaar die naam kokerboom. Groeibeskrywing Die kokerboom (Aloe dichotoma) is ‘n boomagtige plant uit die aalwynfamilie. Die aalwyne is vetplante waarvan net enkele tot bome kan uitgroei. Die […]

  • Plant van die week – Petunia

    Blomme en groeibeskrywing: Gewilde eenjarige plante wat maklik groei. Blomme kom voor in skakerings van rooi, piek, pers, blou, wit en geel. Blomtyd is gewoonlik in die lente en somer, maar dwarsdeur die jaar in warm gebiede. Klein plantjies moet gereëld ‘gepinch’ word ten einde welige groei te verseker. Tuinplasing: Plant in volle son. Vertoon […]

  • Plant van die week – Sterjasmyn (Trachelospermum jasminoides)

    Gewone naam: Sterjasmyn (Star jasmine, Chinese jasmine). Tuinplasing: Die sterjasmyn is ‘n klimplant of grondbedekker wat immergroen is en so te sê op enige plek aard. Ideaal as grondbedekker vir groot sonnige of halfskadu areas. Groeibeskrywing: Aantreklike slingerplante wat vinnig groei, gehard en immergroen is. Blomme: Welriekende stervormige wit blomme wat 20mm in deursnit is. […]

  • Plant van die week – Gewone klimop (Hedera helix)

    Groeibeskrywing: Immergroen klimplante. Met behulp van sterk bywortels aan die stingels kan hulle aan feitlik enige oppervlak vasklou en vinnig ‘n digte bedekking vorm. Blomme is groenerig en onopvallend. Vruggies is swart, klein en onopvallend. Mutasies het bygedra tot heelwat kultivars met ‘n groot variasie van hul ornamentele loof. Tuinplasing: Die klimop is onoortreflik om […]

  • Plant van die week – Aartappelboom (Solanum rantonetii)

    Gewone naam: Aartappelboom (Potato tree). Tuinplasing: Treffende struik wat as gevolg van sy massas blomme ‘n moet vir elke tuin is. Plant in volle son. Kan as ‘n eksemplaarplant of tussen ander struike ge viagra in the uk plant word. Die aartappelboom vertoon baie mooi waar dit as ‘n heining aangeplant is. Kan ook as […]

  • Plant van die week – Hemerocallis (Daglelie)

    Die naam Daglelie is afgelei van die Griekse woorde hemero en kallos wat onderskeidelik ‘een dag’ en ‘skoonheid’ beteken. Blomme en groeibeskrywing: Polvormige meerjarige plante met trompetvormige blomme. Die blomme hou slegs een dag, maar baie blomknoppe kom aan die bloeisteel voor met die gevolg dat die plante gedurende die somer weke aaneen blom. Daglelies […]

  • Plant van die week – Flambojant (Delonix regia)

    Gewone naam: Flambojant. Die genusnaam (Delonix) is afgelei van die Griekse woorde delos en onyx wat onderskeidelik ‘opvallend’ en ‘klou’ beteken. ‘Opvallend’ verwys na die treffende voorkoms van die boom gedurende blomtyd en ‘klou’ verwys na die vorm van die kroonblare. Tuinplasing: Maak seker dat daar genoeg spasie vir die Flambojant se wye kroon van […]

  • Plant van die week – Boslelie (Veltheimia bracteata)

    Botaniese naam Veltheimia bracteata. Gewone naam Boslelie (Die gewone naam mag verwarrend wees omrede daar ook na die Clivia as ‘n boslelie verwys word). Groeibeskrywing Bolplante met blink breë blare, lang blomstele en trosse buisvormige blomme. Blare word in die middel van die somer met nuwe blare vervang. Blomme Blom in die lente. Blomme is […]

  • Plant van die week – Impatiens

    Botaniese naam Impatiens Gewone naam Impatiens, Busy Lizzie. Groeibeskrywing Klein een of meerjarige struikies wat om hul helderkleurige blomme geplant word. Blomme Verskillende hibriede, gekenmerk deur ‘n verskeidenheid kleure, is by kwekerye beskikbaar. Die plantnaam hou verband met die skielike “ongeduldige” manier waarop die ryp vruggies oopskiet wanneer dit aangeraak word. Tuinplasing Plant in volle […]

  • Plant van die week – Yesterday, Today and Tomorrow

    Botaniese naam Brunfelsia pauciflora. Familie: Solanaceae. Gewone naam Engels: “Yesterday, Today and Tomorrow” Afrikaans: “Verbleikblom”. Groeibeskrywing Klein tot medium struik of klein boompie. In warmer gebiede is die Verbleikblom immergroen, maar verloor in meer gematigde gebiede sy blare net voor blomtyd. Groei vinnig. Die massas blomme is vroeg in die lente baie opvallend. Indien die […]

  • Plant van die week – Huilboerboon

    Botaniese naam Schotia brachypetala. Gewone naam Huilboerboon (Weeping boer-bean). Groeibeskrywing Medium tot groot skaduboom met wyd spreiende takke. Rooi trosse blomme versk yn in die lente. Die Huilboerboon verloor sy blare vir ‘n kort rukkie aan die einde van die winter. Blomme Die rooi trosse blomme lok baie voëls en verskyn vroeg in die lente. […]

  • Plant van die week – Wildepeer

    Botaniese naam Dombeya rotundifolia (Sterculiaceae). Gewone naam Wildepeer of Drolpeer. Groeibeskrywing Klein tot medium bladwisselende boom. Groei vinnig. Die trosse wit blomme is vroeg in die lente baie opvallend. Blare ontwikkel eers na blomvorming. Bas is grof en donkerbruin. Die blomme is in die Bosveld gedurende die lente baie opsigtelik wanneer die res van die […]