Plant of the week

  • Plant van die week – Gewone Koraalboom (Erythrina lysistemon)

    Botaniese naam Erythrina lysistemon (Familie: Fabaceae). Gewone naam Gewone koraalboom Groeibeskrywing Medium tot groot vinniggroeiende bladwisselende sierboom met yl verpreide takke. Blare is saamgestel met 3 blaartjies. Die bloedrooi blomme is vroeg in die lente baie opvallend. Peule is neerhangend, lank, dun en gesegmenteer met giftige sade. Hout is sag. Tuinplasing Plaas as ‘n eksemplaarboom […]

  • Plant of the week – Madonnalelie

    Eucharis grandiflora (Amaryllidaceae) – Die genusnaam Eucharis is afgelei van ‘n Griekse woord wat ‘aangenaam’ en ‘bekoorlik’ beteken. Tuinplasing: Plant in gedeeltelike skadu op ‘n beskutte plek. Vertoon baie mooi op some van beddings. Ook gewild as binneshuise potplante. Groeibeskrywing: Immergroen bolplant met 400 tot 600mm lang blomstele. Blomme: Mooi affodilagtige wit blomme. Blom in […]

  • Plant van die week – Philodendron selloum

    Gewone naam Selloum Tuinplasing Plant in skadu of in gedeeltelike skadu. In koeler gebiede moet die selloum op ‘n beskutte plek geplant word. Ook gewild as houerplant op patios en binneshuis. Groeibeskrywing Struikagtige plant met groen dieplobbige blare wat tot een meter lank is. Hoogte en wydte 2 x 3m Blomvorming Groot, wit, onopvallende aronskelkagtige […]

  • Plant van die week – Strelitzia reginae (Strelitziaceae)

    Gewone naam Kraanvoëlblom Tuinplasing Plant in beddings of as ‘n fokusplant, in volle son of in gedeeltelike skadu. In koeler gebiede moet die Kraanvoëlblom op ‘n beskutte plek geplant word. Groeibeskrywing Immergroen, meerjarige plante met groen piesangboomagtige blare en treffende oranje blomme wat soos eksotiese voëls lyk.   Hoogte en wydte 1,5 x 1,5m Blomvorming […]

  • Plant van die week – Umbrella Plant (Schefflera arboricola)

    Ons plant van die week is beskikbaar by Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng. Tuinplasing Plant as enkelstruike , skerms of heinings. Word ook as potplante gekweek. Groei in son of semi-skadu. Hoogte en wydte Tot 3x2m. Hoogte en vorm kan met snoei beheer word. Blomvorming Onopsigtelike trosse wat aan lang are gedra word. […]

  • Plant of the week – Cyclamen (Primulaceae)

    Cyclamen are a genus of plants containing 20 species, which are part of the family of Primulaceae, the Primrose family native to the mediterranean, being natives of parts of Europe, western Asia and parts of North Africa. They are tuberous plants, winter and spring flowering plants and fairly hardy. The tuber can be divided during […]

  • Plant of the week – Agaphanthus (Liliaceae)

    Die naam Agaphanthus is afgelei van die Griekse woorde ‘agape’ (liefde) en ‘anthos’ (blom). Die Agaphanthus africanus is inheems in Suid-Afrika. Verskeie subspesies kom voor. Hierdie is kouebestande, geharde plante wat met hulle wit of blou blomme mooi vertoon as massa-aanplantings. Die Agaphanthus kan in die volle son of in gedeeltelike skadu geplant word. In […]

  • Plant of the week – Hen-en-kuikens (Hen and chickens, Chlorophytum comosum)

    Hierdie inheemse plante is vinniggroeiende immergroen rankplante wat as grondbedekkers, op beddingrande, as rankers of in hangmandjies geplant kan word. Plant die Hen-en-kuikens buitenshuis of binneshuis in die skadu, son of semi-skadu. Die Hen-en-kuikens is redelik kouebestand. Sommige literatuur beskryf die Hen-en-kuikens as geharde rypbestande plante. Ons ondervinding is egter dat sommige variteite rypgevoelig is […]

  • Plant of the Week – Tecomaria capensis (Bignoniaceae)

    Cape Honeysuckle (Kaapse kamperfoelie) Die Honeysuckle is immergroen klouterstruike wat inheems is in Suid Afrika. Hierdie plante is vinniggroeiend, windbestand en redellik kouebestand. Indien koue die plant beskadig, sal nuwe lote vinnig uitgroei nadat die beskadigde gedeelte afgesny is. Dit groei maklik in enige grond en kan in die volle son of in semi son […]

  • Plant of the week – Statice (Sea Lavender, Papierblom)

    Botanical Name:          Limomium perezii Common Name:           Statice, Sea Lavender, Papierblom Height & Spread:          0.5 x 0.5m Information supplied by: Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 or 083 997 6142, www.gardenworld.co.za This very hardy perennial has large grey-green leaves with purple and white flowers during most of the warmer […]

  • Plant of the week – Tulip

    Tulpe kom in ‘n verskeidenheid van kleure voor en moet nou gedurende die laat herfs geplant word. Tulpe is bolplante wat ongeveer 50cm hoog blom wat dit ook baie goeie snyblomme maak. Tulpe verkies ‘n koel area met min son maar wel baie lig. Tulpe moet nou geplant word en sal gedurende laat winter blom. […]