Archive for the 'Uncategorized' Category

Kliek op die fotos vir groter beelde.

clip_image002[3]

Met die ontwerp van hierdie kuierarea in Florcom se tuin in Nylstroom is gepoog om ‘n gesellige area te ontwerp van waar die omringde lowertuin geniet kan word. Ons wou eers ‘n groot lapa bou, maar aangesien die dak van die lapa die sig na die groot bome in die tuin sou verminder is daarteen besluit. Ook die gedagte van ‘n boma wou nie byval vind omrede ‘n boma nie ‘n eenheid met die res van die tuin sou vorm nie. Op die ou end het ons ‘n patio ontwerp met baie van die geriewe van ‘n lapa of boma. Hierdie area het ons gedoop as ‘n “loma” (afgelei uit die woorde lapa en boma).

Bygaande fotos is in die middel van die winter geneem. Alhoewel Nylstroom ligte ryp kry en temperature snags tot vriespunt daal, skep die baie bome in die tuin ‘n mikro-klimaat wat ‘n lowertuin gedurende die winter moontlik maak. Die blaredak bo die loma bestaan hoofsaaklik uit ‘n rooi-ivoor, huilboerboon, vaalbos en ‘n luiperdboom. Normaalweg sou die huilboorboon ‘n swak keuse wees as gevolg van die nektar wat uit die blomme op die tuinmeubels kan drup – in ons geval is die boom egter ongeveer 30 jaar oud en alhoewel dit ‘n pragtige eksemplaarboom is, word slegs enkele blomme elke jaar gevorm. Hierdie bome se blare verseker genoeg koelte gedurende Nylstroom se warm somers. Aan die westekant van die loma is ‘n aantal witstinkhoutbome wat bladwisselend is en daarom die son gedurende die winter deurlaat met die gevolg dat die loma gedurende wintermiddae lekker sonnig is.

Tuinstoele in die loma is sodanig geplaas dat elkeen ‘n mooi uitsig op die tuin het. Verder is die loma toegerus met ‘n betonstelletjie wat as ‘n etenstafel gebruik kan word. Ten einde kos skoon te hou van vallende blare (en die baie voëltjies in die bome) kan ‘n sambreel op die tafel geplaas word. Let ook op die paalreëlings langs die patio wat die loma van die beddings afsny.

clip_image004[3]Op die agtergrond van die boonste foto kan ons bakoond gesien word. Hierdie oond is effens in die “bos” en regverdig ‘n artikel op sy eie.

Die deur van die oond is ‘n unieke 150 jaar herdenking van die Groot Trek. Die oond het ook ‘n vleisbraairooster – as alternatief gebruik ons ‘n draagbare braaier op die patio van die loma.

clip_image006[3]Die loma is sodanig ontwerp dat dit ‘n uitsig na die tuin bied met sy plate clivias, dragontrees, delicious monsters, seloums en broodbome. ‘n Goed geplaaste drink en eetplek vir voëls is ook in sig en verskaf ure se kykgenot. Kabbelende water vanaf ‘n nabygeleë visdammetjie kan gehoor word en dra by om ‘n rustige atmosfeer te skep.

clip_image008[3]Die loma het sy eie watertenk wat met boorgatwater gevul word. By die watertenk is ‘n wasbak vir die was van hande en skottelgoed. Die piesangbos langs die tenk verleen ‘n besondere tropiese atmosfeer.

clip_image010[3]Die loma word deur middel van ‘n kronkelende paadjie met die huis verbind. Bamboespalms en ander potplante help om die loma te versier en die eentonigheid van die patio te verbreek.

Plant van die week

Botaniese naam

Anthurium andraeanum 

Gewone naam

Flaminklelie

clip_image002Groeibeskrywing

Die genus Anthurium is ‘n groot genus met meer as 600 soorte meerjarige, immergroen plante wat om hul ornamentele blare en aantreklike bloeiskedes met bloeikolwe gekweek word. Anthurium andraeanum (Flaminklelie) is die bekendste soort met opvallende skarlakenrooi of wit bloeiskedes. Die bloeiskedes word in die lente gedra. (Die bloeiskede is die opvallende skutblaaragtige wit of gekleurde struktuur wat op die punt van die bloeisteel gedra word en die bloeikolf gedeeltelik omring; die bloeikolf is die vlesige aar wat bo die bloeiskede uitsteek. Klein blommetjies word aan die bloeikolf gedra).

 Plasing en versorging

Die Flaminklelie is ‘n gewilde kweekhuisplant waar dit as potplant of as snyblom gekweek word. Die bloeiskedes se vaasleeftyd is besonder clip_image004lank (tot 6 weke).

Plante vertoon besonder mooi in houers op beskutte plekke op patios of binneshuis.

Die ideale temperature is tussen 16 en 22 grade Celcius en onthou dat die Flaminklelie minder lig as die meeste ander soorte huisplante benodig. Blare kan gereeld met ‘n klam lappie afgevee word.

Anthuriums benodig ‘n goed gedreineerde groeimedium met baie organiese materiaal. Gee elke tweede week ‘n klein hoeveelheid opgeloste voedingstowwe.

Gespesialiseerde tegnieke word gebruik om Anthuriums in kweekhuise te verbou. Vir meer inligting kan die ‘Florcom Horticultural Services Website – www.florcom.co.za’ geraadpleeg word.

Hoogte

Lengte van die bloeistele variëer van kort tot meer as 30cm.

Land van oorsprong

Tropiese Amerika.

Gehardheid

Nie kouebestand nie en benodig gefilterde sonlig.

Voortplanting

Plant voort deur middel van stiggies of saad. Die maklikste is om plante by kwekerye te koop.

clip_image006Waarskuwing

Die sap van die Flaminklelie is giftig en kan velirritasie veroorsaak. Alle dele van die plant is giftig – indien geëet sal erge maagongesteldheid voorkom.

clip_image002

Gewone naam:
Goue vlas.

Groeibeskrywing
Besonder aantreklike vlas. Die blare is groen met opvallende goudgeel strepe.

Tuinplasing
Gebruik in beddings om variasie aan kleur, blaarvorm en planthoogte te verleen.

Hoogte
1m

Gehardheid
Bestand teen ryp en moet in die son aangeplant word.

Voortplanting
Plant voort deur middel van verdeling.

Plante is beskikbaar by Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 of 083 997 6142, www.gardenworld.co.za.

Bladsye besigtig: 669011