Chamaerops

Chamaerops humilis

Gewone naam: “Mediterranean dwarf Palm”.

clip_image002

Groeibeskrywing:

Miniatuur, stadiggroeiende meerstammige waaierpalm. Bereik hoogtes van ongeveer 2,5 meter.

Tuinplasing:

Besonder mooi palm wat as fokusplante aangeplant kan word. Geskik vir groot en kleiner tuine en vertoon ook mooi in groot houers. Definitief ‘n aanwins vir enige tuin.

Hoogte en wydte:

2,5m x 2,5m

Gehardheid:

Geharde plant wat in direkte sonlig of in semi-skadu sal groei. Bestand teen wind en temperature so laag as minus 12 grade celcius.

Voortplanting:

Plant voort deur middel van saad. Hou in gedagte dat plante meestal slegs manlik of vroulik is en dat hierdie ‘n baie stadige groeier is. Dit kan 15 tot 25 jaar neem om hierdie palm vanaf saad te kweek tot die grootte op bygaande foto.

Grond;

Aard in die meeste grondtipes.

Land van oorsprong:

Suidwestelike gedeeltes van Europa (Spanje, Portugal, Frankryk en Italië) en noordwes Afrika (Morokko, Algerië en Tunisië).