Die Noordelike deel van die Krugerwildtuin is mopaniewêreld.

Plant van die week

(Die fotos in die artikel is gedurende Januarie 2011 geneem)

Die grootste deel van die noordelike Krugerwildtuin word gekenmerk deur lae reënval, ‘n warm klimaat en onvrugbare grond. Die gevolg is

dat wild hier minder as in die suidelike gedeeltes voorkom. As gevolg van die swakker wildbesigtiging en amper ondraaglike hitte in die somer verkies baie dan om liewer die suidelike gedeeltes te besoek. Vir ander hou die rustigheid van die noordelike gedeelte egter ‘n groot bekoring in. Indien jy nie van Skukuza se gewoel hou nie, kan jy gerus ‘n besoek aan kampe noord van Olifantskamp oorweeg.

Die noordelike gedeelte van die Krugerwildtuin word gekenmerk deur mopanies (Colophospermum mopane). Die onderste foto verteenwoordig die vlaktes noord van Olifantskamp. As gevolg van die onvrugbare grond, lae reënval en temperature wat gedurende die somer dikwels oor die veertig grade styg, is mopanies in hierdie vlaktes oorwegend struike met slegs enkele groter bome. Waar riviere, soos die Shingwedzi en Levuvhu, die vlaktes kruis kom vrugbaarder alluviale grond (grond wat deur die riviere afgeset is) voor en daarom word die mopanies op die rivieroewers besonder groot. Die reënval in die omgewing van Punda Maria is baie hoër in vergeleke met die res van die noordelike gedeeltes van die wildtuin en daarom word besonder groot mopanies ook hier aangetref.

clip_image002[7]Bygaande foto is geneem na goeie reëns wat gedurende Januarie 2011 in die Letaba-omgewing geval het. Die plantegroei op die foto is veteenwoordigend van die onvrugbare en droë mopanievlaktes waar mopaniestruike hier en daar deur groter bome afgewissel word.

Verskeie seldsame diersoorte kom in die mopanievelde voor. Hier dink ons veral aan bokke soos die swartwitpens, tsessebe en bastergemsbok. Nyalas word dikwels in die woude langs die riviere aangetref.

clip_image004[7]Mopanies word straf deur olifante benut, maar swak deur ander wild. Die wildtuin se grootste olifantteeltroppe kom in hierdie gedeelte van die wildtuin voor.

 

clip_image008[7]

Die mopanie se blare is saamgestel met twee vlinderagtige blare aan ‘n gemeenskaplike steel. Die mopanieblaar is die vernaamste voedsel vir mopaniewurms. Duisende van dié wurms maak jaarliks hul verskyning in mopanieveld. Die mopaniewurm is ‘n gesogte tradisionele lekkerny. Dit word as ‘n droë happie of as gekookte bestanddeel in tradisionele disse gebruik.

clip_image006[7]

 

 

 

 

 

clip_image010[7]Mopanies het ‘n aantreklike duursame hout. Ouer bome se stamme is donker en gegroef. Die hout is termietbestand en kan vir meubels gebruik word.

Die mopanie groei stadig en is nie kouebestand nie.

 

 

 

 

Die Lebomboberge strek oor die lengte van die Mopanievlaktes en luiperds word dikwels langs die grondpaaie aan die voet van die berge waargeneem. Ons was gelukkig om hierdie luiperd langs die grondpad tussen Letaba en Olifantskamp te sien.clip_image012[7]