Ficus Burtt-davyi (Veldvy) – die ideale binneshuise bonsai

Die Ficus Burt-davyi kom aan die tropiese kusgedeeltes van Suidelike Afrika voor.

Die Ficus Burt-davyi benodig baie lig en goeie deurlugting, maar kan in skadu groei en is daarom geskik om as ‘n binneshuise bonsai te kweek.

Hierdie boompies kan maklik vanuit stiggies gekweek word.

Groei is vinnig. Die twee boompies in die fotos is slegs 6 jaar oud en vertoon reeds ‘n besondere bonsai-voorkoms.

Ficus Burt-davyi

Die boompie in die onderstaande foto se treffendheid is verkry deur die hoofstam te forseer om horisontaal met ‘n u-draai te groei.

Ficus Burt-davyi

‘n Wond aan die stam van die onderstaande boompie was verantwoordelik vir die ontstaan van die unieke wortels waarop die boonste kroon van die boom rus.

Kontak Koos Henning by 082 4534 294 vir meer inligting oor bonsai en om ons bonsaikwekery in Nylstroom te besoek.

Posted in: