Gerbera jamesonii

Plant van die week

Gerbera jamesonii

clip_image007

Algemene naam:

Barbertonse madeliefie

Groeibeskrywing:

Kruidagtige meerjarige plant met pragtige blomme wat op lang stele (30 cm en langer) gedra word.

Telers het verskeie hibriede met opvallende kleure uit die Gerbera jamesonii gekweek. Gerberas is tans wereldwyd ‘n baie gewilde snyblom.

Die Barbertonse madeliefie is ook die embleem van die Blou Bulle.

clip_image002Bygaande foto van die inheemse Gerbera jamesonii is gedurende Desember 2011op die Wolhuterstaptoer in die Krugerwildtuin geneem.

clip_image004Hibriede van die Gerbera is nie net gewilde snyblomme nie, maar word ook as potplante gekweek.

Tuinplasing:

Plant in die grond in volle son. Potte moet in direkte sonlig geplaas word.

Gehardheid:

Rypgevoelig.

Voortplanting:

Gebruik suiers vir voortplanting.

Land van oorsprong:

clip_image005