Interessante clivias

Daar kom baie afwykings van die gewone oranje clivia voor. Die clivias in bygaande fotos blom jaar na jaar in Florcomgardens se tuin.

Daar kom baie afwykings van die gewone Clivia miniata voor. Die clivias in bygaande fotos blom jaar na jaar in Florcomgardens se tuin.

1. Let op na die opgeblase blom. Die blomme vertoon soos opgeblase balletjies en wanneer jy daaraan raak “plof” dit binne oomblikke oop. Die kroonblare ies kenmerkend gekartel. Ons het ‘n hele paar van hierdie plante wat elke jaar oorvloedig blom en al die blomme wys elke jaar hierdie opgeblase balletjies en gekartelde kroonblare.

clip_image002[1]

clip_image004[1]

 

2. Let op na die gekartelde blare. Hierdie plante blom elke jaar oorvloedig en al die blomme wys elke jaar hierdie gekartelde kroonblare.

clip_image002

3. Die 12 kroonblare maak van hierdie clivia ‘n kenmerkende blom. Ons het hierdie plant met suiers vermeerder en sal binnekort weet of hulle blomme ook meer as die gewone ses kroonblare sal hê.

clip_image004

4. Hierdie plant se blomme het elke jaar min oranje pigmente. Plante gekweek uit sy suiers het ook slegs spatsels orange. Ons het nou van die suiers in ‘n ander groeimedium oorgeplant en is nuuskierig om uit te vind of die groeimedium iets met die kleur te doen het. Ons is wel bewus dat hierdie clivias in ‘n gedeelte van die tuin groei met ‘n hoër pH as in die res van die tuin. Ons sal binnekort weet of die pH dalk die oorsaak van die kleurafwyking kan wees.

clip_image006