“ Kangaroo paw”/ Anigozanthos Bush Gold Var.

Plant van die week

Botaniese naam

Anigozanthos Bush Gold Var.

Die genusnaam Anigozanthos is afgelei van die Griekse woord "anises," wat ongelyk beteken, en "anthos," wat “blom” beteken.  Die genusnaam verwys dus na die blom wat in ongelyke dele verdeel is.

Gewone naam

Kangaroo paw

clip_image002

Groeibeskrywing

Immergroen droogtebestande plante met swaardvormige blare en eienaardige geel blomme..

Plasing

Plant in volle son of halfskadu. Verkies goed gedreineerde grond.

Hoogte

1 meter.

Land van oorsprong

Australie.

clip_image004

Gehardheid

Die Kangaroo paw

” is nie kouebestand nie.

Vermeerdering

Vermeerder deur middel van wortelstokverdeling.

Siektes

Die “ Kangaroo paw” is baie vatbaar vir sekere swamsiektes. Hierdie siektes kan in ‘m mate voorkom word deur plante nie oorhoofs water te gee nie en grond slegs klam en nie te nat te hou nie.

clip_image005Waarskuwing

Die Kangaroo paw”kan velirritasie veroorsaak.

Die fotos in hierdie artikel is geneem by Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng Tel: 011 957 2046 ,  011 957 2046 , 083 997 6142 ,  083 997 6142 , www.gardenworld.co.za.