New Variety – Mandevilla x amibilis ‘Pink Parfait’

Apocynaceae

Die Mandevilla is vinnig groeiende rankplante wat inheems is aan tropiese Amerika. Die Mandevilla is idiaal om as ranker teen heinings of teen ‘n prieël geplant te word (sal egter nie sterk genoeg heg om teen mure te

groei nie).

Plante moet gedurende die winter teen koue beskerm word. Indien winterkoue die plant beskadig, kan die beskadigde dele teruggesny word om weer vinnig terug te groei. Alle lelike en ou lote moet gereeld verwyder word.

Vermeerder die Mandevilla vanaf stiggies.

Mandevilla x amibilis ‘Pink Parfait’ is ‘n nuwe vrystelling en gesog weens die pragtige dubbel pienk blomme wat gedurende die somer gedra word.

Die Mandevilla x amibilis ‘Pink Parfait’ kan in enige grond geplant word, maar sal vinniger in komposryke grond groei.

Mandevilla x amibilis ‘Pink Parfait’ is tans by Gardenworld beskikbaar.

Pink Parfait 1

 

Pink Parfait 2

Posted in: