Rede en regstel van vergeling by ou blare

Dit gebeur dikwels in tuine dat ou blare van plante vergeel. Hierdie is dikwels die gevolg van te min magnesium.Hierdie probleem kan reggestel word deur toedieng van magnesiumsulfaat (Eptamsalt of Engelse sout). Strooi onder struike met ou blare wat vergeel een teelepel magnesiumsulfaat per vierkante meter, gee goed water daarna. Herhaal na twee weke.

‘n Tekort aan magnesium word dikwels verwar met ‘n tekort aan yster. Waar ‘n tekort aan magnesium as vergeling van die ou blare wys, wys ‘n tekort aan yster as vergeling van die jong blare.

Tipiese simptoom van ‘n tekort aan magnesium.  Op die foto is die jong linkerkantste roosblaar steeds groen, terwyl die ouer blaar vergeel.

Tipiese simptoom van ‘n tekort aan yster.  Op die foto is die jong linkerkantste roosblaar geel, terwyl die ouer blaar steeds groen is. Te hoë pH is dikwels die rede vir ‘n tekort aan yster. Kliek hier vir meer inligting oor die invloed van pH en ystertekort  op vergeling van blare.