Nuwe vrystelling – Liquidambar styraciflua “variegata”

Gewone naam: Variegated sweetgum

Groeibeskrywing

Die Variegated sweetgum is ‘n medium tot stadiggroeiende bladwisselende boom met olyfgroen, stervormige blare waarvan die rande wit is.

 clip_image002

 

  Tuinplasing

Neem met tuinplasing in ag dat die Variegated sweetgum ‘n groot boom word  en daar dus genoeg groeiruimte tussen geboue en ander bome gelaat moet  word. Ideale skaduboom vir parkeerareas en op sypaadjies.

 Grond, voeding en besproeiing

Kan in sand of kleierige grond aangeplant  word en aard onder droë en natterige  toestande. Verkies suur tot effens suur (pH  4,5 tot 6,5) grond en word chloroties  indien die grond se pH hoog is.

Hoogte en breedte

10 tot 15 m x 6 tot 10m

Gehardheid

Die Variegated sweetgum is bestand teen ryp en moet in die son aangeplant word.

Land van oorsprong

VSA

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad.

Posted in: