Florcom Gardens: Hierdie webtuiste is vir almal wat lief is vir plante en tuinmaak en bevat inligting oor alle aspekte van tuinmaak. Die webtuiste word weekliks onder die afdeling "regulars" opgedateer. Die gebruik van die webtuiste is gratis en ons moedig ook lesers aan om op ons gratis nuusbrief in te teken.

Florcom Horticultural Services Website: Hierdie webtuiste bied 'n omvattende diens aan die professionele kweker en verbouer van intensiewe gewasse. Kliek hier vir meer inligting.

Previous page Next page

Clivias: Lenteversorging.

marna

clip_image002

Clivias blom gewoonlik vroeg lente (Augustus). Jy moes voor Augustus reeds bietjie kalium en fosfaatryke kunsmis toegedien het ten einde goeie blomvorming en kleurontwikkeling te verseker. Na blomtyd is clivias pragtige immergroen grondbedekkers – ten einde te verseker dat die blare heeljaar mooi, gesond en glansend is, is die versorging van jou clivias tydens die lente baie belangrik.

Volg die volgende wenke en geniet jou clivias die res van die jaar:

1. Terwyl clivias blom word baie energie uit die blare en wortels ontrek en daarom vertoon die blare dikwels na blom blekerig en minder glansend. Clivias reageer baie goed op bladvoeding en sigbare resultate word dikwels binne ‘n paar dae na toediening van ‘n bladvoeding waargeneem. Spuit daarom net na blom ‘n bladvoeding soos Multifeed op die blare (meng 2 gram Multifeed per liter water en spuit die plant deeglik nat).

2. Waar ‘n kalium en fosfaattoediening vir blomvorming noodsaaklik is, moet blaargroei na blomvorming met ‘n stikstoftoediening aangehelp word. Strooi kort na blomvorming 5 tot 10 gram KAN per vierkante meter. Probeer om die kunsmiskorrels onderdeur die plante te strooi en gebruik ‘n takkie om korrels wat op die blare val af te skud. Gee water dadelik na hierdie toediening.

3. Let op vir slakke en strooi lokaas sodra die eerste slakke hul verskyning maak.

4. Ongeveer een week na die eerste lentereën moet die plante vir leliewurms behandel word. Indien dit nagelaat word kan hierdie wurms later baie skade aanrig. Garden Ripcord werk baie doeltreffend (spuit 1 ml Garden Ripcord per liter water). Maak seker dat die gif tot by die basis van die blare gespuit word. Probeer om ook die onderkant van die blare met die gif te benat.

clip_image004Onthou asb dat gif deur jou vel opgeneem kan word, trek dus handskoene aan en vermy kontak met die vel, was vel met seep en water.

Tuinmaak-wenke – Augustus

admin

Clivias:

clip_image002

Oes laas jaar se ryp cliviasaad. Volg die instruksies op ons skyfiereeks vir ‘n maklike tegniek om clivias uit saad te vermeerder.

Stiggies:

Dit is nou die ideale tyd om stiggies te maak. Die goedkoopste en beste bewortelingmedium vir die amateur is skoon sand. Voor die stiggie in die sand gedruk word, moet die gesnyde vlak van die stiggie met bewortelingspoeier (bv Seradix) bedek word. Hou die sand klam en hou die stiggies op ‘n beskutte plek met gefilterde lig.

clip_image004

Oorplant van saailinge:

Saailinge wat by kwekerye aangekoop is kan nou oorgeplant word.

Augustuswinde:

Heg rankplante, staanrose en ander jong struike/bome aan ankers vir beskerming teen die Augustuswinde.

Potplante:

Dit is nou die ideale tyd om potplante in groter potte oor te plant. Maak seker dat die nuwe pot genoeg deineergate het, plaas ‘n lagie dreineerklippies op die bodem van die pot en gebruik ‘n goeie potgrondmengsel (bv  ‘n mengsel van fyn boombas, tuingrond en kompos).

Snoei van rose:

Kyk by ons roosafdeling vir meer inligting oor die snoei van rose.

Snoei van bome en struike:

Verwyder alle dooie takke, takke wat pla en takke wat met ander struike/bome meeding. Dit is ook nou tyd om ou blare van palms te verwyder.

Regstel van grond se pH:

Dit is nou die ideale tyd om grond se pH reg te stel.
Strooi landboukalk indien die grond suur is.

Oorplant van bladwisselende bome:

Bladwisselende bome kan nou, net voor die nuwe groei begin, oorgeplant word. Onthou om die wortels so min as moontlik te versteur en gebruik stutte om die boom na oorplanting stewig in posisie te hou.

Saai van groentes:

Augustus is ‘n bedrywige maand waarin vroeë somergewasse in saadkissies gesaai word.  Komkommers, murgpampoentjies, skorsies en tamaties kan teen die end van die maand op beskutte plekke gesaai word. Saai so vlak moontlik, gebruik vars saad en hou die grond klam.

Aartappels:

  • Aartapplels kan vanaf Augustus tot Januarie geplant word.
  • Plant  in sanderige en leemgrond.
  • Spit vooraf 75 gram 2:3:4 per vierkante meter  in die grond in.
  • Ert beddings op. Die afstand tussen beddings moet van middelpunt tot middelpunt 60 cm wees.
  • Plant moere met kort uitlopers. Dit is die beste om gesertifiseerde moere te koop. Indien jy aartappels vanaf jou plaaslike groentemark vir moere wil gebruik, moet die aartappels op ‘n sak gegooi en gereëld natgemaak word tot dit begin uitloop.
  • Druk die moere versigtig , met die uitlopers na bo, in die grond en bedek met ongeveer 75 mm grond.
  • Die afstand tussen die moere in ‘n ry moet ongeveer 25 cm wees.
  • Goed uitgeloopte moere behoort ongeveer twee weke nadat dit geplant is, op te kom.
  • Ert die rye gereëld op soos die plante groei.

Geelwortels:

Plant geelwortels slegs in goed gedreineerde sand en leemgrond.

  • Moet nie kompos of mis kort voor saai van geelwortelsaad in die grond inwerk nie (indien die wortel met kompos in aanraking kom kan abnormale groei verwag word).
  • Spit 75 gram 2:3:4 per vierkante meter  in die grond in.
  • Hark die oppervlak van die bedding fyn en verwyder alle kluite.
  • Saai die saad oor die oppervlak van die bedding en bedek met ‘n dun lagie grond. Maak goed nat.
  • Dun die plantjies uit sodra twee of drie blaartjies ontwikkel het. Die finale stand moet ongeveer 50mm van mekaar wees.
  • Die nekke van die wortels moet deur die groeitydperk liggies met grond bedek word. Dit sal vergroening voorkom.

Roses – Pruning tips

admin

clip_image002

Follow our pruning steps if you want abundant of healthy flowers like this during the summer months.

  • When to prune:

Prune during the end of winter when you do not expect severe cold conditions. Do not prune when the soil is wet (Cutting zones will die back if pruning takes place when the soil is wet). Prune while eyes are dormant and before they start to develop. In colder areas it is best to prune during the first two weeks of August. In areas with a more moderate climate pruning may take place during the last two weeks of July.

  • Dead wood:

Remove all the old dead wood.

  • Where to prune:

Cut the plant back to the lowest green and healthy wood. Prune just above an eye and leave 3 to 4 eyes on the stem.

  • Allow light to enter the plant:

Remove some of the stems growing to the inside of the bush in order to allow sunlight to enter the bush.

  • Tree seal:

Paint the cutting zones with tree seal. This will help to prevent die-back.

  • Compost:

Spread compost over the beds (100 to 300 grams of good quality compost per square meter).

  • Lime:

Broadcast dolomitic lime on the surface of the soil if the soil is too acid. The amount depends on the pH of the soil.

  • Lime sulphur:

Spray the plants and soil with lime sulphur. Do not spray lime sulphur on plants with active growing eyes or foliage – it will burn the eyes and leaves. Lime sulphur will control fungi spores on the plants and in the ground. Remember that lime sulphur should be fresh – old stock is not effective. Use concentrations as indicated on the label of the sulphur.

  • Watering:

Give no water the two weeks before pruning. Give a small amount of water immediately after pruning. Remove the water stress but be careful not to give too much water – too much water during this dormant growth phase will cause root rot. Irrigate at least weekly after pruning and increase the amount of water gradually.

Botaniese naam

Agave attenuate (die genus is afgelei van ‘n Griekse woord wat ‘bewonderingswaardig’ beteken).

Gewone naam

clip_image002

Sonwyser (indien die plant in ‘n bedding groei sal die steel sodanig draai dat die blare na die lig wys).

Groeibeskrywing

Sukkulente, vinniggroeiende immergroen plant met groot opvallende blare wat op die einde van die steel groei. Anders as ander spesies van dieselfde genus is die blaarpunte nie hard en stekelrig nie. Gewig van die blare veroorsaak dat die stam nie regop staan nie, blare wys egter altyd na bo of na die lig.

Blomme

Onbeduidende blomme op ‘n lang bloeiwyse.

P1040643

Tuinplasing

Plant die sonwyser in die skadu, gedeeltelike skadu of in die son. Die sonwyser gee ‘n subtropiese atmosfeer indien dit saam met loofryke plante gegroepeer word. Kan as ‘n aksentplant in ‘n loofbedding gebruik word om ander plante se blaargrootte, vorm en kleur mee af te wissel.

Hoogte en wydte:

Steel word tot 1 meter lank en blare kan onder ideale omstandighede 70 cm lank en 20 cm breed word.

Land van oorsprong

Amerika

Gehardheid

Geharde plante wat son en kouebestand is.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van sylopers.

Encephalartos villosus

marna

Die naam villosus (Latin = harig) verwys na die jong blare wat deur wit haartjies bedek word.

Family: Zamiaceae

clip_image002

(Foto: Florcomgardens se tuin in Nylstroom)

Gewone naam: “Poor man’s cycad”. Encephalartos villosus is een van die goedkoopste broodboomspesies en die gewone naam verwys na die bekostigbaarheid van die plante.

Groeibeskrywing:

Hierdie is ‘n vinnig groeiende ornamentele broodboom wat om sy aantreklike blare geplant word. Encephalartos villosus word veral onderskei deur die feit dat die stam hoofsaaklik ondergronds groei.

clip_image004

Manlike keel van Encephalartos villosus.

Tuinplasing:

Encephalartos villosus moet in die skadu of gedeeltelike skadu geplant word. Die plante op bygaande fotos is in Florcomgardens se tuin waar dit saam met Clivias in beddings gegroepeer is.

Gehardheid:

Encephalartos villosus is nie rypbestand nie en moet op ‘n skaduryke plek in goed gedreineerde grond geplant word.

Vermeerdering:

Saad ontkiem maklik. Saailinge moet eers oorgeplant word wanneer die blare ongeveer een meter lank is.

clip_image006Verspreiding:

Encephalartos villosus is die algemeenste broodboomspesie in Suidelike Afrika. Inheems in die Oos-Kaap, Transkei, Kwazulu Natal en in Swaziland. Groei in woude met ‘n somerreënval van 900 tot 1300mm.

Previous page Next page

Bladsye besigtig: 668956