Plant of the week – Monstera deliciosa

Staan algemeen bekend as die Delicious monster.

Hierdie is subtropiese rankplante met groot immergroen ingekeepte blare.In Sentraal-Amerika se woude groei hierdie plante vinnig en kan ‘n boom sodanig toerank dat die boom doodgesmoor word – vandaar die benaming “monster”. Die vrugte is eetbaar en smaak amper soos vrugteslaai – vandaar die benaming “Delicious”.

Hierdie plante groei gelukkig baie stadiger in Suidelike Afrika en word dikwels gebruik om ‘n tropiese klimaat in ‘n tuin te skep.

Plant die Delicious monster in semi-skadu teen ‘n boomstam of enige struktuur waarteen dit kan oprank. Die Delicious monster kan nie swart ryp of ryp hanteer nie en moet daarom in ‘n beskutte omgewing groei.

Voortplanting geskied maklik deur middel van stiggies. Sny die stiggies sodat een blaar en van die hegworteltjies op die stiggie is. Plant die stiggie gedurende die lente met die stam en hegwortels vlak onder die grond en hou die grond klam. Wortels behoort binne enkele weke te vorm.

Die Delicious monster kan ook in potte binneshuis gekweek word. Maak seker dat plante skadu en son en voldoende water kry. ‘n Gewilde sierplant is die M. deliciosa var. borsigiana. Laasgenoemde variteit het kleiner blare wat aan die binnekant geperforeed is, met lang dun takkies wat op of af gelei kan word.

Monstera deliciosa 1

Die Delicious monster het ‘n treffende effek as potplant. Maak seker dat daar ‘n voorwerp is om teen te rank. In hierdie geval is die pot gelig en die Delocious monster kan afwaarts rank.

devider

Monstera deliciosa 2

Die Delicious monster gee ‘n subtropiese effek aan ‘n tuin indien dit toegelaat word om teen boomstamme op te rank.

In Amerika se tropiese woude groei hierdie plante vinnig en kan ‘n boom sodanig toerank dat die boom doodgesmoor word – vandaar die benaming “monster”. In Suid Afrika is die groei gelukkig minder welig en sal bome nie sommer deur die Delicious monster beskadig word nie.

devider

Monstera deliciosa 3

Vrug van die Delicious monster.

Ryp vrugte is eetbaar en smaak amper soos vrugteslaai – vandaar die benaming “Delicious”.

devider

Monstera deliciosa 4

‘n Gewilde, maar moeilik bekombare sierplant is die Monstera deliciosa var. borsigiana. Let op die kleiner blare wat aan die binnekant geperforeed is.