Plant van die week – Aartappelboom (Solanum rantonetii)

Gewone naam:

Aartappelboom (Potato tree).

Tuinplasing:

Treffende struik wat as gevolg van sy massas blomme ‘n moet vir elke tuin is. Plant in volle son. Kan as ‘n eksemplaarplant of tussen ander struike ge

plant word. Die aartappelboom vertoon baie mooi waar dit as ‘n heining aangeplant is. Kan ook as ‘n houerplant op ‘n sonnige patio geplaas word.

Groeibeskrywing:

Aartappelboom

Digte struik. Meestal immergroen, maar bladwisselend in streke met swaar ryp.

Kan met gereëlde snoei gevorm word.

Blomme:

Aartappelboom

Bloupers, donkerpers of wit blomme wat deur die hele somer treffend vertoon. Ten einde massas blomme te verseker moet plante gereëld gevoed word en in volle son groei.

Hoogte en wydte:

3 x 3m. Vorm kan maklik met snoei beheer word.

Gehardheid:

Bestand teen ryp. Bladwisselend in streke met swaar ryp (word selde permanent deur ryp of koue beskadig).

Voeding en besproeiing:

Gee voldoende water. Genoegsame hoeveelhede stikstof, fosfaat en kalium is nodig vir voortdurende blomvorming (strooi drie of vier keer gedurende die somer ‘n handvol 2:3:4 onder elke struik, benat goed na elke kunsmistoediening).

Voortplanting:

Stiggies.