Plant van die week- Amaryllis

clip_image002[3]

Plant van die week

Botaniese naam

Amaryllis

Gewone naam

Amaryllislelie

clip_image004[3]

Groeibeskrywing: Besondere mooi lelie wat as potplant of snyblom gekweek kan word. Verskeie kleure en blomgroottes kom voor.

Aanplant: Vir goeie blomvorming moet Amaryllislelies in potte aangeplant word wat nie te groot is en nie te veel spasie bied nie. Plaas die bol sodat die boonste derde van die bol bo die groeimedium uitsteek. Plaas die pot op ‘n warm plek in gefilterde sonlig en hou die groeimedium klam (nie te nat nie). ‘n Blomsteel sal binne ‘n paar weke uitgroei. Draai die pot gereëld sodat die blomsteel van alle kante lig kan kry. Indien die bolle te veel water kry, sal die bolle vrot. Sodra die blomsteel ontwikkel het, kan die hoeveelheid water vermeerder word. Nadat die stele ontwikkel het, kan ‘n flou konsentrasie opgeloste voedingstowwe elke tweede week toegedien word.

Blomvormimg: Amaryllislelies is dormant gedurende die winter. Indien die bolle nie ‘n rustyd kry nie sal blomvorming baie swak wees. In warmer gebiede kan die bolle aan die begin van die winter uitgehaal en in ‘n koelkamer geberg word.