Plant van die week – Blou gemmer (Dichorisandra)

Botaniese naam

Dichorisandra thyrsiflora (Commelinaceae).

Gewone naam

‘Blue ginger’ of ‘Blou gemmer’. (Aangesien die Dichorisandra nie verwant aan die gemmer is nie, kan hierdie naam misleidend wees).

Groeibeskrywing

Blou gemmer

Blou gemmer

Die Dichorisandra is ‘n kruidagtige regopstaande meerjarige plant uit die familie Commelinaceae. Hulle tropiese loof en pragtige blomme vertoon besonder opvallend in ‘n beskutte tuin.

Besproeiing en voeding

Die Dichorisandra verkies klam en vogtige toestande. Die pH van die groeimedium moet neutraal of effens suur wees. Die Dichorisandra is soutgevoelig, met die gevolg dat ‘n oormaat van voedingstowwe vermy moet word.

Tuinplasing

Plant in die skadu op ‘n beskutte plekke. Vertoon ook mooi in potte wat binneshuis weg van die son maar in genoeg lig geplaas word.

Blomme

Pragtige blou blomme wat laat in die somer en gedurende herfs verskyn. Die blomme bly vir etlike weke mooi en vars.

Hoogte en wydte

1,5m x 0,7m

Gehardheid

Rypgevoelig en moet in die skadu geplant word.

Voortplanting

Plant voort deur middel van saad, stiggies of verdeling.

Land van oorsprong

Amerika.