Plant van die week – Coprosma repens green&gold

Coprosma is ‘n genus met ongeveer 90 spesies. Die naam Coprosma verwys na die onaangename reuk wat sommige variteite afgee wanneer die blare gekneus word.

Gewone naam: Mirror plant

Groeibeskrywing:

clip_image004[7]

 

 

 

 

Klein, immergroen, kompakte en aantreklike struik met glansende helder groen en goudgeel blare.

Tuinplasing:

Plant as sierplant. Mooi heiningplant. Geskik om as agtergrond in beddings vir sy mooi loof aangeplant te word. Indien die Coprosma gereëld gesnoei word, kan die Coprosma as ‘n hoë grondbedekker of beddingvuller gebruik word.

Hoogte en wydte:

1m x 1m

Gehardheid:

Semi-gehard.

Voortplanting:

Plant voort deur middel van stiggies..

Land van oorsprong:

New Zealand, Java, New Guinea, Australie en Hawai.