Botaniese naam:
Dracaena hookeriana (Dracaenaceae).
Gewone naam:
Dragontree.
Die Dragontree is ‘n aantreklike loofplant met meestal net een stam. Lang donkergroen blare is afwisselend gerangskik. Meer as een stam kan ontwikkel indien die hoofstam afgesny word.
Die onderste blare word geel met veroudering en moet dan verwyder word.
Blomme en vrugte
Die trosse klein onopvallende blommetjies verskyn tussen November en Februarie. Die vrugte is aantreklik, lok voëls en is gewoonlik einde Februarie ryp.
Tuinplasing
Plaas as ‘n eksemplaarplant op ‘n beskutte plek in die skadu. Vertoon ook mooi as ‘n houerplant in die skadu.
Hoogte en wydte
2m x 1,5m
Land van oorsprong
Gehardheid
Die Dragontree is nie kouebestand nie en hou nie van direkte sonlig nie.
Voortplanting
Plant maklik voort deur middel van saad en/of stiggies. Ryp saad ontkiem binne vier weke nadat dit ge-oes en op ‘n vogtige groeimedium geplaas is. Saailinge groei redelik vinnig.
(Fotos is in Florcom se demonstrasietuin in Nylstroom geneem).