May 16th, 2010
plant van die week-Encephalartos arenarius
Encephalartos arenarius
Fotos in hierdie artikel is goedgunstelik verskaf deur Johan en Petro Henning van Ellisras. Vir saailinge van verskeie broodboomsoorte kan hulle gekontak word by 082 8736 051
Die naam arenarius beteken: “groei in sanderige grond”
Volksname
Alexandria cycad, Kwa Qaba cycad.
Groeibeskrywing
Encephalartos arenarius is ‘n medium grootte broodboom met dikwels meer as een stam met die hoofstam wat soms plat op die grond lê. Suiers kom dikwels voor. Twee soorte kom voor; naamlik die meer algemene groen en die baie skaars blou soort. Vroulike keels is 500 – 600 x 250 – 300mm en liggroen van kleur. Manlike keels is 300 – 500 x 80 – 150mm. Plante dra slegs een keël per keer. Keëls is gedurende April of Mei ryp. Ryp saad is rooi van kleur. Blare is 1 tot 1,5 meter lank.
Voortplanting
Berg bestuifde vroulike sade vir een jaar. Saai sade (verkieslik in effens verhitte sand) gedurende die lente. Ontkieming behoort binne drie tot vier weke plaas te vind. Suiers kan ook gebruik word.
Tuinplasing
Encephalartos arenarius moet in sanderige grond geplant word. Plant in gedeeltelike skadu.
Gehardheid
Encephalartos arenarius is nie kouebestand nie.
Encephalartos arenarius groei in sanderige duinegrond van die Ooskaap, in die Alexander gebied. Aangesien die meeste van hierdie duinwoude uitgewis is, is Encephalartos arenarius baie skaars en as ‘n bedreigde spesie verklaar. Die reënval is 725mm to 875mm per jaar en deur die jaar verspreid. Geen ryp kom voor nie en die somers is warm en droog.



