Plant van die week – Hemerocallis (Daglelie)

Die naam Daglelie is afgelei van die Griekse woorde hemero en kallos wat onderskeidelik ‘een dag’ en ‘skoonheid’ beteken.

Blomme en groeibeskrywing:

Daglelie

Polvormige meerjarige plante met trompetvormige blomme. Die blomme hou slegs een dag, maar baie blomknoppe kom aan die bloeisteel voor met die gevolg dat die plante gedurende die somer weke aaneen blom. Daglelies is in skakerings van geel, oranje, pers en bruin.

Tuinplasing:

Plant in volle son. Plant bolle 10 cm uit mekaar en 3 tot 5 cm diep.

Vertoon baie mooi op some van beddings.

Gehardheid:

Aard goed in die meeste klimaatsones van Suid Afrika.

Voeding en besproeiing:

Groei maklik in enige tipe grond.

Voortplanting:

Plant voort deur verdeling. Plante kan ongeveer elke vierde jaar herverdeel word.

Land van oorsprong:

Sentraal-Europa, China en Japan.