Plant van die week – Huilboerboon

Botaniese naam

Schotia brachypetala.

Gewone naam

Huilboerboon (Weeping boer-bean).

Groeibeskrywing

Medium tot groot skaduboom met wyd spreiende takke. Rooi trosse blomme versk

yn in die lente. Die Huilboerboon verloor sy blare vir ‘n kort rukkie aan die einde van die winter.

clip_image002

Blomme

Die rooi trosse blomme lok baie voëls en verskyn vroeg in die lente. Die naam ‘Huilboerboon’ is afgelei van die boonvormige sade en blomme wat ryk is aan nektar wat uit die blomme drup.

clip_image004

Tuinplasing

Plaas as ‘n eksemplaarboom in goed gedreineerde sand. Wortels kan skade aanrig en daarom moet die Huilboerboon nie naby plaveisels of mure geplant word nie. Taai nektar drup vanaf die blomme – moet dus nie voertuie onder die Huilboorboon se skadu parkeer nie.

Hoogte en wydte

12m x 8m

Gehardheid

Slegs gedeeltelik kouebestand.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad.

Land van oorsprong