Plant van die week – Penningkruid

Botaniese naam

Lysimachia nummularia ‘Aurea’
(Familie: Primulaceae)

Gewone naam

‘Creeping Jenny’ of ‘Penningkruid’

Groeibeskrywing

Grondbedekker met lang spreiende stingels wat orals wortelskiet. Ronde blare vorm ‘n digte mat. Verkies skadu, maar kan ook in gedeeltelike son groei.

clip_image002clip_image004

Blomme

Dra gedurende die lente massas geel blommetjies.

Tuinplasing

Ideale grondbedekkers vir skaduryke en klam gedeeltes van die tuin. Ook geskik om in hangmandjies te kweek. Vertoon besonder mooi tussen loopklippe in paadjies en langs waterpoele.

Hoogte

10 cm.

Land van oorsprong

Europa.

Gehardheid

Kouebestand. Moet in die skadu of gedeeltelike skadu geplant word.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van herverdeling.