Botaniese naam
Agave attenuate (die genus is afgelei van ‘n Griekse woord wat ‘bewonderingswaardig’ beteken).
Gewone naam
Sonwyser (indien die plant in ‘n bedding groei sal die steel sodanig draai dat die blare na die lig wys).
Groeibeskrywing
Sukkulente, vinniggroeiende immergroen plant met groot opvallende blare wat op die einde van die steel groei. Anders as ander spesies van dieselfde genus is die blaarpunte nie hard en stekelrig nie. Gewig van die blare veroorsaak dat die stam nie regop staan nie, blare wys egter altyd na bo of na die lig.
Blomme
Onbeduidende blomme op ‘n lang bloeiwyse.
Tuinplasing
Plant die sonwyser in die skadu, gedeeltelike skadu of in die son. Die sonwyser gee ‘n subtropiese atmosfeer indien dit saam met loofryke plante gegroepeer word. Kan as ‘n aksentplant in ‘n loofbedding gebruik word om ander plante se blaargrootte, vorm en kleur mee af te wissel.
Hoogte en wydte:
Steel word tot 1 meter lank en blare kan onder ideale omstandighede 70 cm lank en 20 cm breed word.
Land van oorsprong
Amerika
Gehardheid
Geharde plante wat son en kouebestand is.
Voortplanting
Plant maklik voort deur middel van sylopers.