Jul 4th, 2008
Plant van die week – Umbrella Plant (Schefflera arboricola)
Ons plant van die week is beskikbaar by Garden World, Beyers Naude Drive, Muldersdrift, Gauteng.

Tuinplasing
Plant as enkelstruike , skerms of heinings. Word ook as potplante gekweek. Groei in son of semi-skadu.
Hoogte en wydte
Tot 3x2m. Hoogte en vorm kan met snoei beheer word.
Blomvorming
Onopsigtelike trosse wat aan lang are gedra word. Ryp vruggies vertoon rooi of geel.
Gehardheid
Groei vinnig in sub-tropiese gebiede. Kan matige koue weerstaan, maar nie ryp nie.
Voeding/besproeiing/grondtipe
Plant in goed gedreineerde grond en gee gereeld water.
Groeibeskrywing
Immergroen vinnig groeiende struik met handvormige blinkgroen blare. Vorm kan maklik met snoei beheer word. Schefflera arboricola ‘Variegatum’ het bont blare en word op die bygaande foto gewys.
Vermeerdering
Stiggies.
Inheems
Nee.


