Jan 8th, 2012
Suurpruim
Plant van die week
Ximenia caffra
Gewone naam:
Suurpruim
Groeibeskrywing:
Bygaande fotos is gedurende Desember op die Wolhuterstaptoer in die Krugerwildtuin geneem.
Klein bladwisselende boompie met opvallende rooi vrugte wat gedurende die somer ryp word. Vrugte is eetbaar, met ‘n baie hoë vitamie C inhoud en baie suur.
Bas is donker en skurf.
Blare is dig byeen aan kort sytakkies.
Tuinplasing:
Plant in volle son en is veral geskik om voëls na tuine te lok.
Gehardheid:
Rypgevoelig.
Voortplanting:
Plant slegs deur middel van saad voort.
Land van oorsprong:
Sleutelwoorde: Suurpruim, Ximenia caffra.

